Blog

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 5)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 5)

Gans-Berg Nuus / News

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 5)

-Vanuit ‘n handgeskrewe joernaalboek-

In Deel 5 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se toer van 44 dae deur Zimbabwe en Botswana gedurende Mei en Junie 2023 - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgeteken is, insluitend haar sketse - te veel inligting om weer te gee! 

Vanaf die pragtige Chimanimani en Chinhoyi Grotte, beweeg die groep aan na die Nyamepi Kamp om na die Mana Pools te kyk. Op pad daarheen is dit ‘n mooi omgewing met baie water en groot landerye. In Karoi word brandstof ingegooi. Weer eens is dit chaos met mense, stalletjies, gehawende strate en vullis en gemors wat oral rondgestrooi word. “Daar is darem ‘n netjiese Pick ‘n Pay, maar hulle werk nie met kleingeld nie - jy kry ‘n sjokoladetjie of lekkertjie as kleingeld!”, skryf Elna.

Dan word kamp opgeslaan - op die walle van die Zambesi, maar sonder enige skadubome. “Ons word wakker met die pragtigste voëlgeluide en met die son wat sy goue strale oor die Zambesi gooi.” Die volgende dag ry hulle na die Mana Pools waar hulle vir ‘n veldgids, Immanuel, met ‘n geweer (‘n AK47!) vir hul veiligheid reël - USD10 per persoon vir 1 uur! Hulle word ingelig dat ‘Mana’ ‘vier’ (4) beteken, aangesien daar 4 poele is. By die poele aangekom, sê Fanie vir die veldgids: “You’ve got a beautiful place here.” Die veldgids se onmiddelike antwoord is: “God lives here!” 

Die eerste poel is die Chisasiko Pool, waar hulle olifante, seekoeie en rooibokke sien. Hulle ry toe eers na die volgende poel, die Long Pool, waar ‘n hele paar seekoeie en krokodille hulle ‘inwag’. “Die volgende poel was die Chine Pool, maar ons moes iewers verkeerd afgedraai het, want ons eindig by die kantore en besluit om maar na die kampplek te ry,” skryf Elna. By die kamp wag ‘n verrassing op Fanie en Judy: “Die apies het op hulle tafel ‘gepieps’ en op een van die stoele ‘n ‘bol’ gelos!” Terwyl Judy skoonmaak, gryp ‘n apie hul houer met lekkers uit die motor en laat waai bome toe! Fanie het nie op hom laat wag nie en storm boom toe met onaardse geluide en apie-se-kind laat val die houer met lekkers en slaan op die vlug!

Op pad vir nog ‘n ekspedisie, kry Immanuel hulle weer met sy AK47 en hulle word breedvoedring en met deeglike kennis ingelig oor ‘n groot verskeidenheid van veld-aktiwiteite, soos bome, sade, wild, olifantmis en diere-gedrag - verstommende inligting vir die leek, asook ‘n groot, dooie kremetartboom wat uitgehol is sodat dit binne soos ‘n rondawel lyk. 

Na ‘n besonderse ontdekking van die Mana Pools, is die groep op pad na Kariba (Deel 6) waar nuwe avonture op hulle wag.

Image 1
Judy Bothma, Veldgids Immanuel (met AK47) en Elna Nel
Image 2
‘Rondawel’-kremetartboom (Judy Bothma regs)
Image 3
Binne die ‘rondawel’-kremetartboom
 
Hardus Botha
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 5)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edit...

Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.