Die ‘Boet van Visnette’
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
“Ek wil graag vanaand vir julle wys dat ‘verouderde’ witwyn net so lekker is,” het Christopher van Dieren van Cloof Wynlandgoed met die deur in die huis geval - dalk ‘n eienaardige opmerking, maar meer hieroor later.
Die geleentheid was Gansbaai Wynproegilde se eerste wynproe-aand vir 2024 op 20 Februarie 2024 in die Great White House - met Cloof Wynlandgoed se kwaliteitwyne wat te proe aangebied is. By die deur is die gaste met ‘n heerlike Blanc de Blanc Methode Cap Classique verwelkom. Voorsitter Japie Spies die gaste verwelkom en, nadat hy enkele administratiewe sake afgehandel het, het hy vir Charl Terblanche, ‘n bestuurslid, aan die woord gestel.
Charl sorg vir kort, maar insiggewende wyn-inligting en -wenke tydens byeenkomste. Hy het oor die verskeidenheid van geure gepraat: aangename geure, af-geure, vrugte-gedrewe geure en nog meer. “Kennis op hierdie gebied kom met ondervinding, maar ook onder leiding van kundiges,” het Charl onder andere gesê, en na nog voorbeelde gewys.
Daarna het Japie Christopher aan die gaste voorgestel - en wat ‘n merkwaardige wynkundige is hy nie. “Ons is bevoorreg om die uiters bekwame Christopher van Dieren van Cloof Wynlandgoed as aanbieder welkom te heet,” het Japie gesê. “Saam met hom is Geraldine Burger, die wynlandgoed se bekwame bemarker.” Christopher is sedert 2004 as direkteur by Cloof Wynlandgoed aangestel, wat direk aan die aandeelhouers rapporteer, maar is reeds vanaf 2002 by die wynlandgoed as wynmaker en produksiehoof betrokke. Hy is oorspronklik van België, waar hy ‘n verskeidenheid van kwalifikasies in die wynbedryf verwerf het - dié man mag maar wyn maak! In 1990 het hy permanent na Suid-Afrika verhuis.
Christopher se aanbieding het met ‘n Chenin Blanc (2019) en ‘n Chenin Blanc (2022) begin - dalk ‘n eienaardige begin. “Ek bied spesifiek ‘n 2019 en ‘n 2022 witwyn aan om te proe,” het Christopher gesê. “Dit is om aan julle te wys dat ‘verouderde’ witwyn steeds lekker is om te drink en te geniet!” Daarna het 5 goeie rooiwyne gevolg: The Very Sexy Shiraz (2020), Duckitt Reserve Shiraz (2022), Lynchpin - Bordeaux versnit (2019), Crucible Shiraz (2018) en Winemakers Pinotage (2022). Die gaste het deurlopend goeie kommentaar gelewer en was duidelik baie beïndruk met die kwaliteit van Cloof Wynlandgoed se wyne wat te proe aangebied is. Christopher is sonder twyfel ‘n ervare wynkundige en sy vertellinge en beskrywings was insiggewend.
Sjef Chris Pead van die Great White House het nog nooit met sy geregte teleurgestel nie - dit proe gereeld beter as die vorige keer! As voorgereg is Prawn Kebabs met bykomstighede voorgesit, as hoofgereg Oven Roasted Sirloin met bykomstighede en die verleidelike nagereg was ‘n Passion Fruit Infused met ‘n Chocolate Mousse Sandwich, Hazelnut Cream en Honeycomb.
Om ‘n wynproe-aand in die Great White House by te woon, beteken net een ding: gesellige saamkuier, terwyl sinvolle wynkennis opgedoen word. Chris en sy span, asook die flink kelners, is ingeroep om spesiaal vir hulle dankie te sê vir puik diens. Daarna is die gebruiklike Gansbaai Wynproegilde voorskot aan Christopher en Geraldine oorhandig.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreBesoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.