Blog

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde

“Verouderde witwyn is net so lekker!”

“Ek wil graag vanaand vir julle wys dat ‘verouderde’ witwyn net so lekker is,” het Christopher van Dieren van Cloof Wynlandgoed met die deur in die huis geval - dalk ‘n eienaardige opmerking, maar meer hieroor later. 

Die geleentheid was Gansbaai Wynproegilde se eerste wynproe-aand vir 2024 op 20 Februarie 2024 in die Great White House - met Cloof Wynlandgoed se kwaliteitwyne wat te proe aangebied is. By die deur is die gaste met ‘n heerlike Blanc de Blanc Methode Cap Classique verwelkom. Voorsitter Japie Spies die gaste verwelkom en, nadat hy enkele administratiewe sake afgehandel het, het hy vir Charl Terblanche, ‘n bestuurslid, aan die woord gestel.

Charl sorg vir kort, maar insiggewende wyn-inligting en -wenke tydens byeenkomste. Hy het oor die verskeidenheid van geure gepraat: aangename geure, af-geure, vrugte-gedrewe geure en nog meer. “Kennis op hierdie gebied kom met ondervinding, maar ook onder leiding van kundiges,” het Charl onder andere gesê, en na nog voorbeelde gewys.

Daarna het Japie Christopher aan die gaste voorgestel - en wat ‘n merkwaardige wynkundige is hy nie. “Ons is bevoorreg om die uiters bekwame Christopher van Dieren van Cloof Wynlandgoed as aanbieder welkom te heet,” het Japie gesê. “Saam met hom is Geraldine Burger, die wynlandgoed se bekwame bemarker.” Christopher is sedert 2004 as direkteur by Cloof Wynlandgoed aangestel, wat direk aan die aandeelhouers rapporteer, maar is reeds vanaf 2002 by die wynlandgoed as wynmaker en produksiehoof betrokke. Hy is oorspronklik van België, waar hy ‘n verskeidenheid van kwalifikasies in die wynbedryf verwerf het - dié man mag maar wyn maak! In 1990 het hy permanent na Suid-Afrika verhuis. 

Christopher se aanbieding het met ‘n Chenin Blanc (2019) en ‘n Chenin Blanc (2022) begin - dalk ‘n eienaardige begin. “Ek bied spesifiek ‘n 2019 en ‘n 2022 witwyn aan om te proe,” het Christopher gesê. “Dit is om aan julle te wys dat ‘verouderde’ witwyn steeds lekker is om te drink en te geniet!” Daarna het 5 goeie rooiwyne gevolg: The Very Sexy Shiraz (2020), Duckitt Reserve Shiraz (2022), Lynchpin - Bordeaux versnit (2019), Crucible Shiraz (2018) en Winemakers Pinotage (2022). Die gaste het deurlopend goeie kommentaar gelewer en was duidelik baie beïndruk met die kwaliteit van Cloof Wynlandgoed se wyne wat te proe aangebied is. Christopher is sonder twyfel ‘n ervare wynkundige en sy vertellinge en beskrywings was insiggewend.

Sjef Chris Pead van die Great White House het nog nooit met sy geregte teleurgestel nie - dit proe gereeld beter as die vorige keer! As voorgereg is Prawn Kebabs met bykomstighede voorgesit, as hoofgereg Oven Roasted Sirloin met bykomstighede en die verleidelike nagereg was ‘n Passion Fruit Infused met ‘n Chocolate Mousse Sandwich, Hazelnut Cream en Honeycomb.

Om ‘n wynproe-aand in die Great White House by te woon, beteken net een ding: gesellige saamkuier, terwyl sinvolle wynkennis opgedoen word. Chris en sy span, asook die flink kelners, is ingeroep om spesiaal vir hulle dankie te sê vir puik diens. Daarna is die gebruiklike Gansbaai Wynproegilde voorskot aan Christopher en Geraldine oorhandig.

Image 1
Marmara de Klerk, Christopher van Dieren, Geraldine Burger en Japie Spies.
Image 2
Gedugte Great White House span.
 
Hardus Botha
Gansbaai Wynproegilde

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg in...

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg ...

“Die see het Saterdag, 20 April pragtig gelyk, met beloftes van goeie vangstes,” sê Elba Tredoux van Overberg Kushengel.

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Saterdag, 19 April 2024 se Birkenhead Boothengelklub se maandelikse boothengelkompetisie het ‘n groot hoeveelheid hangbergers en silwervis opgelewer.

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

Hierdie twee kollegas was onlangs besig met patrolliediens toe hulle ‘n klagte van sakke perlemoen ontvang.

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

kleuters deel opgewonde drukkies uit.

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

“Vir my voel die braaiery vir hierdie reeks so al met die kus langs soos ‘n rustige vakansie,” het die bekende Jan Braai vir Gans-Berg Nuus gese.