Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
Joe Smit met sy wit steenbras (3kg, swaarste vis) en Charlie Steyn met sy kabeljou (2.3kg, 2de swaarste vis) glimlag breed na Saterdag, 2 Maart 2024 se boothengelkompetisie van die Birkenhead Boothengelklub.
Groter visse was maar aan die skaars kant, maar heelwat ander visse (111) is darem gevang. ‘n Leser van die Gans-Berg Nuus het laat weet dat die vangstes in Struisbaai eweneens aan die swak kant was.
7 bote het ingeskryf, waarvan al 7 ingeweeg het. Die totale bemanningslede was 24, waarvan 3 dames was. Die aantal visse (9 spesies) wat ingeweeg is, was 111, met 'n totale massa van 77.4kg. Die gemiddelde massa per hengelaar was 3.23kg.
Die volledige uitslae is soos volg:
Swaarste vis, Joe Smit (wit steenbras, 3kg); 2de Swaarste vis, Charlie Steyn (kabeljou, 2.3kg); Swaarste sak, Joe Smit (7.1kg); 2de Swaarste sak, Terry Terblanche (6,25kg); Swaarste bootgemiddeld, Posiden van Lester Langley (4.56kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Black Pearl van Jan Louw (4.13kg); Dame Swaarste sak, Colleen Kemm (4.45kg); Dame 2de Swaarste sak, Marilda Louw (4.1kg).
1ste 3 Bootkampioene:
• Oupa van Ben Uys (33.99kg); WaCa Charl Dyer (33.79kg); GI Joe van Joe Smit (20.46kg).
1ste 3 Visvangkampioene Mans:
• Carl Dyer (43.60kg); Derick Petersen (32.85kg); Philip Fourie (35.20kg).
1ste 3 Visvangkampioene Dames:
• Joey Rademeyer (13.5kg); Colleen Kemm (14.09kg); Anita Vermeulen (2.6kg).
Die stand van punte vir die einde van die jaar se aanwys van die kampioene, verander soms onverwags, maar almal hou maar duim vas om voor te kom en/of voor te bly!
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!
Exciting progress is being made on the new Overstrand Medical Centre, with construction expected to be completed by the end of April...
Feature on the deep link between wetlands and people in the Nuwejaars Wetlands...