Birkenhead Boothengelklub - Joe Smit en Charlie Steyn Glimlag Breed

Birkenhead Boothengelklub - Joe Smit en Charlie Steyn Glimlag Breed

Gans-Berg Nuus / News

Birkenhead Boothengelklub - Joe Smit en Charlie Steyn Glimlag Breed

Joe Smit met sy wit steenbras (3kg, swaarste vis) en Charlie Steyn met sy kabeljou (2.3kg, 2de swaarste vis) glimlag breed na Saterdag, 2 Maart 2024 se boothengelkompetisie van die Birkenhead Boothengelklub.

Image 1
Joe Smit en Charlie Steyn.

Groter visse was maar aan die skaars kant, maar heelwat ander visse (111) is darem gevang. ‘n Leser van die Gans-Berg Nuus het laat weet dat die vangstes in Struisbaai eweneens aan die swak kant was.

 
Kompetisie-uitslae

7 bote het ingeskryf, waarvan al 7 ingeweeg het. Die totale bemanningslede was 24, waarvan 3 dames was. Die aantal visse (9 spesies) wat ingeweeg is, was 111, met 'n totale massa van 77.4kg. Die gemiddelde massa per hengelaar was 3.23kg.

 
Volledige uitslae

Die volledige uitslae is soos volg: 

Swaarste vis, Joe Smit (wit steenbras, 3kg); 2de Swaarste vis, Charlie Steyn (kabeljou, 2.3kg); Swaarste sak, Joe Smit (7.1kg); 2de Swaarste sak, Terry Terblanche (6,25kg); Swaarste bootgemiddeld, Posiden van Lester Langley (4.56kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Black Pearl van Jan Louw (4.13kg); Dame Swaarste sak, Colleen Kemm (4.45kg); Dame 2de Swaarste sak, Marilda Louw (4.1kg). 

 
Voorlopers

1ste 3 Bootkampioene: 

• Oupa van Ben Uys (33.99kg); WaCa Charl Dyer (33.79kg); GI Joe van Joe Smit (20.46kg).

1ste 3 Visvangkampioene Mans:

• Carl Dyer (43.60kg); Derick Petersen (32.85kg); Philip Fourie (35.20kg).

1ste 3 Visvangkampioene Dames:

• Joey Rademeyer (13.5kg); Colleen Kemm (14.09kg); Anita Vermeulen (2.6kg).

Die stand van punte vir die einde van die jaar se aanwys van die kampioene, verander soms onverwags, maar almal hou maar duim vas om voor te kom en/of voor te bly!

Image 1
André Esterhuysen, De Wet Gilliomee, Lester Langley en Paul Venter.
Image 2
Terry Terblanche, Henk Tiggelman en Jan en Marilda Louw.
Image 3
Colleen en Norman Kemm.
 
Hardus Botha
 
Birkenhead Boothengelklub - Joe Smit en Charlie Steyn Glimlag Breed

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geur...

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.