Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition
Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
In Deel 7 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se toer van 44 dae deur Zimbabwe en Botswana gedurende Mei en Junie 2023 - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgeteken is, insluitend haar sketse - te veel inligting om weer te gee!
Siabuwe: Maabwe Bay, hier kom ons! Die eerste rivier wat die groep oorsteek, is die Humerivier, waar hulle rustige natuurskoon ervaar, met die plaaslike bevolking wat water vir gebruik in die rivier skep. By een van die hutjies in ‘n ‘hutjie-stad’, ontmoet Dolf vir Rynos, ‘n dokter met 4 vrouens. Hy wys Dolf hoe sy hutjie van binne lyk - nie alles is slaapplek nie, een is vir donkies en een vir bokke...! “Intussen gesels ek met ‘n seuntjie, Trymore, wat Engels verstaanbaar kan praat,” vertel Elna. “Ek vertel hom hoe pragtig sy land is en hoe vriendelik die Zimbabwiërs is, en hy straal van trots en sê dit is goed om ‘foreigners’ so te hoor praat en hy hou daarvan om met mense van ander lande te ‘socialise’!”
Hulle loer ook by Mr Moyo Bus Stop in, waar die pragtigste stoele, wat deur die plaaslike mense gemaak word, beskikbaar is - unieke stoele met diere wat op die rugkante uitgekerf is. Dan ry hulle oor die Sengkwarivier waar Fanie hulle vertel van ‘n ‘gôre’ wat gemaak word - ‘n gat op die rivier se bodem om die water te suiwer.
Die dorp Siabuwe strek oor ‘n wye area met baie katoen wat verbou word. ‘n Lang en swak pad volg daarna tot by Maabwe Bay, maar hulle is verras met die omstandighede daar - ‘n strooidak gazebo, water, elektrisiteit en ‘n eie badkamer, alles op die Karibameer se wal. Hulle gasheer en -vrou is Richard en Margot wat sorg vir aangename geselskap. “In Maabwe Bay beleef ons ‘n lieflike oggend waartydens ons elke krieseltjie van die skoonheid van die natuur kon indrink,” vertel Elna.
Later die middag stap hulle teen ‘n koppie uit vir ‘n beter opvangsein, maar ook vir die uitsig. Daar kom hulle by die ‘leeuvrou’ se huis uit - nóg ‘n verrassing. Sy is ‘n zoöloog, asook ‘n jagter, met nog ‘n paar kwalifikasies om in Afrika te mag werk. Elna skryf dat dit ‘n interessante huis is. Dit lyk kompleet asof dit nes geskrop het en sy lê tussen die klippe en bome gekry het. “Maabwe Bay was goed vir ons,” sluit Elna af.
Met die afsluiting van Deel 7 in Maabwe Bay en hulle wedervaringe daar, kies die groep koers na die Vic Falls vir Deel 8 van hierdie reeks in die Gans-Berg Nuus.



Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreHere’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...