Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
Die deel van die konstruksiewerk vir die hospitaal wat tans in aanbou is en vanaf die ingang by die dorp (oorkant die SAPD-gebou) gesien kan word, is die Noodeenheid wat aan die toekomstige teater sal grens. By voltooiing sal die Noodeenheid 24 uur van die dag en 7 dae van die week funksioneer. Die loodgieter en elektrisiën is tans besig om hulle installerings te doen, waarna die mure gepleister gaan word.
Dit is deel van die goeie nuus wat dr Pierre Nel hierdie week aan die Gans-Berg Nuus oorgedra het. “Ons gaan begin om die vormwerk vir die ‘ringbeams’, waarop die dak rus, net na die Paasnaweek te bou,” het Pierre gesê. “Die beplande datum vir die voltooiing van die konstruksiewerk is einde Julie vanjaar.”
Pierre sê die ‘Commissioning’ deur die Departement van Gesondheid sal hopelik teen die einde van Augustus 2024 voltooi wees. “Ons hoop om binne die volgende twee maande met die konstruksiewerk van die teater en saalblokke te begin, met die riool-aansluitings wat reeds verlede week voltooi is,” het Pierre voorts gesê.
Hierdie nuus bevestig weer eens dat Gansbaaiers geen rede tot kommer het oor die realisering van ons dorp se eie hospitaal, die Overstrand Medical Centre, nie. “Na soveel jare se harde werk en deursettingsvermoëns, is ons uiteindelik vandag hier om die eerste sooi vir Overstrand Medical Centre te spit,” het Raadsdame Riana de Coning op Vrydag, 28 Julie 2023 tydens die sooispit-geleentheid gesê. Riana het destyds na Roy T Bennett verwys, wat gesê het: “When you start living the life of your dreams, there will always be obstacles, doubts, mistakes and setbacks along the way. But with hard work, perseverance and self-belief there is no limit to what you can achieve.” - “En dít is presies wat oor die afgelope tydperk, en steeds, met die beplanning van die hospitaal gebeur het,” het sy bygevoeg.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.