Blog

Noodeenheid Van Hospitaal Nader Voltooiing

Noodeenheid Van Hospitaal Nader Voltooiing

Gans-Berg Nuus / News

Noodeenheid Van Hospitaal Nader Voltooiing

-Overstrand Medical Centre-

Die deel van die konstruksiewerk vir die hospitaal wat tans in aanbou is en vanaf die ingang by die dorp (oorkant die SAPD-gebou) gesien kan word, is die Noodeenheid wat aan die toekomstige teater sal grens. By voltooiing sal die Noodeenheid 24 uur van die dag en 7 dae van die week funksioneer. Die loodgieter en elektrisiën is tans besig om hulle installerings te doen, waarna die mure gepleister gaan word.

Dit is deel van die goeie nuus wat dr Pierre Nel hierdie week aan die Gans-Berg Nuus oorgedra het. “Ons gaan begin om die vormwerk vir die ‘ringbeams’, waarop die dak rus, net na die Paasnaweek te bou,” het Pierre gesê. “Die beplande datum vir die voltooiing van die konstruksiewerk is einde Julie vanjaar.”

Pierre sê die ‘Commissioning’ deur die Departement van Gesondheid sal hopelik teen die einde van Augustus 2024 voltooi wees. “Ons hoop om binne die volgende twee maande met die konstruksiewerk van die teater en saalblokke te begin, met die riool-aansluitings wat reeds verlede week voltooi is,” het Pierre voorts gesê.

Hierdie nuus bevestig weer eens dat Gansbaaiers geen rede tot kommer het oor die realisering van ons dorp se eie hospitaal, die Overstrand Medical Centre, nie. “Na soveel jare se harde werk en deursettingsvermoëns, is ons uiteindelik vandag hier om die eerste sooi vir Overstrand Medical Centre te spit,” het Raadsdame Riana de Coning op Vrydag, 28 Julie 2023 tydens die sooispit-geleentheid gesê. Riana het destyds na Roy T Bennett verwys, wat gesê het: “When you start living the life of your dreams, there will always be obstacles, doubts, mistakes and setbacks along the way. But with hard work, perseverance and self-belief there is no limit to what you can achieve.” - “En dít is presies wat oor die afgelope tydperk, en steeds, met die beplanning van die hospitaal gebeur het,” het sy bygevoeg. 

 
Hardus Botha
Noodeenheid Van Hospitaal Nader Voltooiing

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Emosionele Klavierspel: Uit Die Hart

Emosionele Klavierspel: Uit Die Hart

Lara se klavierspel voer sy op soos wat die gevoel in haar opkom.

Secret Worlds of Birds of Prey

Secret Worlds of Birds of Prey

The Gans-Berg News is aware of several Birdwatchers in our area who are interested in Anton’s interesting workshops.

Belangrikheid van Trauma Berading

Belangrikheid van Trauma Berading

“Die belangrikheid van trauma-berading moet nie onderskat word nie,” sê Sers Abigail Naidoo

AVBOB Se ‘Sirkusnarre’ Laat Skaterlag

AVBOB Se ‘Sirkusnarre’ Laat Skaterlag

“Met dié dat AVBOB Begrafnisdienste ons op 9 April 2024 besoek het, sou mens dink dat die atmosfeer maar stroef sou wees - toe is dit allesbehalwe die geval," vertel Elizma de Lange.

Amazing Grootbos Foundation Open Day

Amazing Grootbos Foundation Open Day

“The Open Day was primarily to give the visitors an opportunity to see the foundation's programmes and the work that we do," said Penelope Goemans.

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geur...

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.