Die ‘Boet van Visnette’
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
Donderdag, 23 Maart 2024 te Groeneweide, so op Menseregte Dag, was ‘n dag wat nog lank onthou sal word. ‘n Suksesvolle Bewusmakingsdag vir Gestremdes is in die vorm van ‘n gesellige stap van 5km op die bestaande parkrunroete te Groeneweide aangebied en is goed bygewoon. Die trek van gelukkige nommers en die oorhandiging van pryse, was niemand anders nie as die beeldskone Miss Gansbaai Academia 2024, Anabella Rathbone - mensig, en was sy nie pragtig geklee nie?!
Die Gans-Berg Nuus was met hulle volle personeelkorps daar om deel te neem en het ook die vooraf advertensie geborg. (Sien ‘before’ foto’s, maar die ‘after’ foto’s is gesensor!). Dit was ‘n geselligheid soos min, met besighede wat die hande baie diep in die sakke gesteek het vir behoorlike geskenke en pryse - die oorhandiging van al die pryse het langer geduur as die pretstap self, soveel pryse was daar!
Die inisieerder van die pretstap was Manie Veldman en sy eggenote, Elsie, saam met ‘n groot groep helpers. Manie het Gans-Berg Nuus meegedeel dat hy op die gedagte van ‘n Bewuswordingsdag vir Gestremdes gekom het terwyl hy sit en dink het dat daar nog nooit so ‘n dag hier gereël is nie. “Dit was ‘n vinnige besluit en ons het net 3 weke tyd vir al die reëlings gehad, maar ek is dankbaar dat ons dit kon regkry,” vertel Manie.
‘n Tyd gelede het Manie The Wheelie Bunch gestig. Die doel daarvan is om mense bewus te maak van gestremdes, asook hulpverlening aan hulle. “Ek is oorweldig met die pretstap se reaksie, asook skenkings wat The Wheelie Bunch direk daarna ontvang het,” vertel Manie. Hy sê hulle het 2 x rolstoele, 1 x loopraam, 1 x walking stick, 2 x stelle krukke en 2 x hout uitgekerfde kieries ontvang.
Manie is sedert Augustus 2022 in ‘n rolstoel na ‘n breinoperasie wat hy ondergaan het. Na sy besoek aan Sean van Sports Therapy Gansbaai, vertel Manie dat hy self uit sy rolstoel kan kom om onder andere op sy bed te klim - iets wat hy nooit gedink het moontlik sou wees nie.
Manie het alle betrokkenes by die pretstap bedank vir die wonderlike samewerking. “Ek nooi almal wat van gestremdes weet, om my met ‘n naam, van en kontaknommer per whatsapp te kontak,” sê Manie. “Ek is besig om ‘n data-basis van gestremdes saam te stel en wil graag so veel as moontlik gestremdes daarby intrek.” Manie kan by 078 394 8708 gekontak word.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreBesoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.