Die ‘Boet van Visnette’
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
“May the sun rise in front of me, the rain falls behind me and the wind follows me. May the angels guard my travels and swirling turns. Let the eagle guide me to the mountain tops. Let the moon’s light guide me through the night. Lord thank you for letting me be a biker.” (Biker Prayer).
Sondag, 17 Maart 2024 was ‘n besonderse dag by die NG-gemeente, Baardskeerdersbos. Motorfietsryers (Bikers, soos hulle na hulself verwys) het in groot getalle vir die erediens opgedaag. Die reëlings is deur die Gansbaai Dogs of War, onder leiding van voorsitter Johan Pretorius, getref. Dit was in samewerking met die NG Kerk Gansbaai onder leiding van ds Floors Avenant, asook Baardskeerdersbos Streeksraad en omliggende motorfietsklubs.
Die besluit om die diens op 17 Maart te hou, hou verband met ‘n motorfietsbyeenkoms in Januarie vanjaar in Kaapstad, waar klem gelê is op toewyding en seën op die betrokkenes met verwysing na veiligheid in die uitvoering van hulle dienslewering. Met die gewildheid van die R43 vir motorfietsritte en Baardskeerdersbos as die voorkeur stoppunt in gedagte, is die diens in die historiese NG Kerkgebou in Baardskeerdersbos gehou en deur ds Floors waargeneem.
Hartlike samesang is die diens vooraf gegaan. Die gaskunstenaar was Gansbaai se gewilde Ruben Lennox wat die sang gelei het en ook die NG-lied, ‘Hawe van God se Genade’ gesing het. Floors het ‘n relevante boodskap, gebaseer op Lukas 10: 25-37, aan die toehoorders gebring. Hy het die bekende gelykenis van die Barmhartige Samaritaan aan die Dogs of War se missie gekoppel. “Dit is juis waarmee hulle besig is,” het Floors gesê. “Dit is om die gapings in die gemeenskap se behoeftes en nood te vul; moenie ‘kyk’ na nood en verbystap nie - ‘kyk’ en ‘stop’ om die gaping te vul deur die nood te verlig. Sò ‘n ingesteldheid bring bring heling en hoop in ander se nood mee, maar ook vir onsself,” het Floors sy boodskap afgesluit. In Johan Pretorius se eie woorde: “We fill the gabs and we make the engines talk!”
Na afloop van die diens het die besoekers en bikers by die motorfietse bymekaargekom en saam gedeel in die bid van die ‘Biker Prayer’. Johan Pretorius het die bikers se tevredenheid met die dag se reëlings uitgespreek. “Ek voel dat hierdie inisiatief ‘n jaarlikse instelling moet word, waarskynlik gedurende Januarie soos dit in Kaapstad die geval is,” het Johan gesê. Na gesellige interaksie tussen die besoekers en bikers, het die bikers vertrek vir ‘n gesamentlike geselligheid by die Ou Skool Restourant in die prentjie-mooi Baardskeerdersbos.
Ruben Lennox het, op baie kort kennisgewing, ‘n pragtige Bikerslied, ‘Dogs of War’, spesiaal vir die dag gekomponeer (musiek en liriek), met die refrein as volg: “We are the Dogs of War; Fighting for Jesus ev’ry day; We are The Dogs of War; We ride, we sing, we pray; We are the Dogs of War; Keeping the devil on the run; We’ll be riding the peace when Jesus comes.”
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreBesoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.