Blog

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

Gans-Berg Nuus / News

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

-Vanuit ‘n handgeskrewe joernaalboek-

In Deel 10 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se toer van 44 dae deur Zimbabwe en Botswana gedurende Mei en Junie 2023 - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgeteken is, insluitend haar sketse - te veel inligting om weer te gee! 

Met Zimbabwe se avonture agter die rug, is die groep op pad na nuwe avonture in Botswane. By die Pandamortega grenspos verloop sake rustig aan die Zimbabwe-kant. Aan die Botswana-kant moes hulle met skoene deur dipbakke loop, asook met die voertuie deur dipvloeistof ry om die verspreiding van bek- en klouseer te beheer en geen rou vleis is toegelaat nie. “In Botswana lyk alles beter, die paaie, geboue, boerderye en landerye, ‘n plesier om te aanskou,” skryf Elna. “Dit lyk selfs beter as in Suid-Afrika!”

So terloops, inligting oor die Tuli Block dui daarop dat daar ‘n groot verskeidenheid van wildreservate is. Dit word as Botswana se bes bewaarde geheim beskou met een van die grootste, private wildreservate in Suider-Afrika, die Northern Tuli Game Reserve. Die Tuli Block is in die ooste van Botswana geleë, binne 'n smal strook langs die Limpoporivier in die grensdriehoek van Botswana, Suid-Afrika en Zimbabwe.

By Elephant Sands - “Where Elephants Rule”, soos ‘n bordjie aandui, is hulle verras met absolute netheid, kuierarea, swembad, WiFi en nog meer - met olifante wat 1-5m weg by die watergat ronddwaal en teenaan die tente en voertuie verbystap. Elna skryf dat sy nog nooit sulke groot olifante gesien het nie, “dalk omdat hulle so naby aan ons is!”

Volgende aan die beurt is die African Ranch River Camp op die walle van die Limpopo. “Daar aangekom, kon ons duidelik sien dis ‘n agtermekaar plek,” skryf Elna. “Aan die linkerkant is wildheinings wat die teenwoordigheid van wild bevestig en aan die regterkant is dit akkerbou op landerye met groot besproeiingstelsels.” Na ‘n ontspanne en heerlike kamp, roep die lang pad weer. 

Vanaf die African Ranch River Camp in Deel 10, is ons toervriende nou op pad na Mokolodi Camp, steeds in dieselfde omgewing, waarvan ons meer in Deel 11 van hierdie reeks in die Gans-Berg Nuus sal lees.

 
Hardus Botha
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!