Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so ‘ietwat’ van die klub se gewone maandelikse kompetisies. Hierdie was hulle jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie met behoorlike pryse op die spel - baie geluk aan die bestuur met ‘n suksesvolle boothengeldag!
Groot vis is maar aan die skaars kant en, met ‘n paar uitsonderings, is dit hoofsaaklik hangbergers (hotties) wat gevang is, maar darem met ‘n paar mooies tussenin. Sowat 15 bote met hul skippers en bemanningslede het aan die kompetisie deelgeneem. Die Swaarste Sak (8.35kg) is deur Ben Uys en Paul Venter gevang - ‘n verskilletjie van 0.5kg vir die Swaarste Vis het gemaak dat Ben Uys met die prys wegstap!
Die res van die pryswenners was:
Mans Grootste Vis - Anthony Woudberg (bonito, 2.2kg); Mans 2de Grootste Vis - Rudi Eksteen (kabbeljou, 1.5kg); Mans 3de Grootste Vis - Leon Lombaard (hottie, 1.15kg).
Dames Grootste Vis - Debbie James (bonito, 2.5kg); Dames 2de Grootste Vis - Melanie Burger (geelstert, 1.55kg); Dames 3de Grootste Vis - Madelein Wentzel (silwervis, 0.80kg).
Mans Juniors Grootste Vis - Chris du Toit (hottie, 1.1kg).
Dames Juniors Grootste Vis - Carla du Toit (hottie, 1kg).
Die pryse vir die hengelaars was sekerlik nie te versmaai nie. Mans Swaarste Vis - 1ste, R5000 / 2de, R3000 / 3de, R2000; Dames Swaarste Vis - 1ste, R3000 / 2de, R2000 / 3de, R1000; Juniors (Mans en Dames) - R1000 elk.
Knap gedaan! Maak gerus volgende jaar weer so!

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThe latest edition of Gans-Berg News is out now!
This week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.