Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026
Catch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so ‘ietwat’ van die klub se gewone maandelikse kompetisies. Hierdie was hulle jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie met behoorlike pryse op die spel - baie geluk aan die bestuur met ‘n suksesvolle boothengeldag!
Groot vis is maar aan die skaars kant en, met ‘n paar uitsonderings, is dit hoofsaaklik hangbergers (hotties) wat gevang is, maar darem met ‘n paar mooies tussenin. Sowat 15 bote met hul skippers en bemanningslede het aan die kompetisie deelgeneem. Die Swaarste Sak (8.35kg) is deur Ben Uys en Paul Venter gevang - ‘n verskilletjie van 0.5kg vir die Swaarste Vis het gemaak dat Ben Uys met die prys wegstap!
Die res van die pryswenners was:
Mans Grootste Vis - Anthony Woudberg (bonito, 2.2kg); Mans 2de Grootste Vis - Rudi Eksteen (kabbeljou, 1.5kg); Mans 3de Grootste Vis - Leon Lombaard (hottie, 1.15kg).
Dames Grootste Vis - Debbie James (bonito, 2.5kg); Dames 2de Grootste Vis - Melanie Burger (geelstert, 1.55kg); Dames 3de Grootste Vis - Madelein Wentzel (silwervis, 0.80kg).
Mans Juniors Grootste Vis - Chris du Toit (hottie, 1.1kg).
Dames Juniors Grootste Vis - Carla du Toit (hottie, 1kg).
Die pryse vir die hengelaars was sekerlik nie te versmaai nie. Mans Swaarste Vis - 1ste, R5000 / 2de, R3000 / 3de, R2000; Dames Swaarste Vis - 1ste, R3000 / 2de, R2000 / 3de, R1000; Juniors (Mans en Dames) - R1000 elk.
Knap gedaan! Maak gerus volgende jaar weer so!

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...
This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.
Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.
This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.