Blog

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een. So was dit weer op Dinsdag, 19 Maart 2024 in die Great White House. Arabella Wyne, net buite Ashton, het nie teleurgestel nie - geurige en kwaliteit wyne is geniet.

Nadat voorsitter Japie Spies die administratiewe sake afgehandel het, is die aanbieders van Arabella Wynkelder, Danian Antonowitz en Wynand Malan, aan die gaste voorgestel. Danian, wat die aanbieding waargeneem het, is oorspronklik van De Doorns en het vir 2 jaar Hotel Bestuurswese aan die International Hotel School studeer. Daarna volg enkele bestuursposte en verdere studies vir hom. Die hotelbedryf is waar hy sy groot liefde vir Suid-Afrikaanse wyne ontwikkel het. In 2022 besluit hy en sy eggenote om platteland toe te trek en aanvaar hy ‘n pos by Arabella Wynkelder. 

Die gaste is met ‘n geurige Pink Panacea 2023 (Droë Rosé) verwelkom. Die wyne wat te proe aangebied is, was: Chenin Blanc (2023), Sauvignon Blanc (2023) en Chardonnay (2023), saam met die voorgereg; Merlot (2023), Pinotage (2022) en Carbernet Sauvignon (2022), saam met die hoofgereg; Shiraz (2022) en Reserve Shiraz Vionier (2022), saam met die nagereg.

Sjef Chris Pead van die Great White House was weer op sy stukke met sy spyskaart: Voorgereg - Cheese and Chorizo Phyllo; Hoofgereg - Oven Pork Fillet Medallions; Nagereg - Baked Apple Songe Tart.

Intussen het Charl Terblanche weer geleentheid ontvang om sy gebruiklike wyn-wenke aan die gaste oor te dra - hierdie keer het hy oor ‘Proe en Ruik’ gesels. Ian en Anne-Mare de Witt het na afloop van die byeenkoms die gebruiklike oorhandiging van Gansbaai Wynproegilde se spesiale voorskote aan die aanbieders te oorhandig. Daarna is daar eers nog gesellig saamgekuier en gesels.

 
Hardus Botha
Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edit...

Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.