Die ‘Boet van Visnette’
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
-Gansbaai SAPD-
“Die belangrikheid van trauma-berading moet nie onderskat word nie,” sê Sers Abigail Naidoo, Overberg Distrikskommunikasie-offisier van Gansbaai SAPD. “Ons gemeenskap moet bewus wees van die belangrikheid daarvan, aangesien baie mense verskillende soorte trauma ervaar, veral met verwysing na die afgelope tyd se verkragtings, en nie bewus is van die gratis dienste wat in hierdie verband deur Gansbaai SAPD aangebied word nie.”
Sers Abigail het vanaf 11 tot 15 Maart 2024 ‘n weeklange kursus by die Trauma- en Krisiseenheid in Grabouw suksesvol deurloop. ‘n Vrywillige gemeenskapslid, me D Josephs, het dieselfde kursus deurloop. Die fasiliteerder van die kursus was Nozuko Mdibani, ‘n Maatskaplike Werker van die Traumasentrum in Kaapstad, onder leiding van Kol T Paulse, Provinsiale Hoof FPR van geslagsgebaseerde geweld en slagofferbemagtiging.
“Onder andere behartig ek gesinsgeweld, beskermingsbevele en slagoffervoorligting in Gansbaai,” het Abigail gesê. “Ek wil graag beklemtoon dat gemeenskapslede my vir gratis berading sal kontak, wat ook vertroulik hanteer sal word.”
Enige tyd wat berading benodig word, kontak asseblief Sers Abigail Naidoo van Gansbaai SAPD by 028 384 8420.
Hardus Botha
Foto: Nozuko Mdibani (Fasiliteerder), Abigail Naidoo en Kol T Paulse.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreBesoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.