Blog

AVBOB Se ‘Sirkusnarre’ Laat Skaterlag

AVBOB Se ‘Sirkusnarre’ Laat Skaterlag

Gans-Berg Nuus / News

AVBOB Se ‘Sirkusnarre’ Laat Skaterlag

-Bietoubos Damesklub-

“Met dié dat AVBOB Begrafnisdienste ons op 9 April 2024 besoek het, sou mens dink dat die atmosfeer maar stroef sou wees - toe is dit allesbehalwe die geval,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub. “Om die besoek die moeite werd vir AVBOB te maak, het ons ook vriende van buite, met hulle wederhelftes, genooi om die byeenkoms by te woon.”

Elizma sê Yolanda Pretorius van AVBOB se bemarkingsafdeling het die sowat 58 gaste oor ‘n paar belangrike aspekte ingelig:

• Die voordele van 'n begrafnispolis;

• Die belangrikheid om dokumente wat na die afsterwe van ‘n persoon benodig word, op datum te hou sodat die boedel makliker afgehandel kan word. ‘n Dokument, “My Lewenslêer”, is deur AVBOB opgestel, wat gratis aan die gaste uitgedeel is. Daarin word insiggewende leiding gegee van wat alles benodig word.

• Jolanda het die hebriede (water) verassing volledig verduidelik. “Dit is ‘n vorm van verassing wat al hoe gewilder geword het aangesien dit meer ‘natuurvriendelik’ as gewone verassings is.”

“Na al hierdie waardevolle inligting wat aan ons oorgedra is, het ons by die hoogtepunt van ons byeenkoms uitgekom,” het Elizma gesê. Sy sê Therené en Melanie van Crown Create Studio, wat deur AVBOB geborg is, het die gaste met ‘n uitstekende sang- en geselsprogram vermaak. “Fly me to the moon”, “On top of the world” en “Dis ‘n Land”, is maar ‘n paar van die sangnommers wat groot byval gevind het.

Therené en Melanie het die gaste op hulle tone gehou - twee regte ‘sirkusnarre’ wat terdeë geniet is, is gesê. Hulle het die gaste met op-en-wakker sangitems vermaak, hulle laat saamsing en mannewales uitgehaal wat almal laat skaterlag het, met ‘n oorvloed van humoristiese optredes. “Dié twee se optrede by ons was gesellig, genotvol en gevul met goeie humorsin,” het Elizma gesê. 

Die twee gaskunstenaars het hulle aanbieding met die inspirerende “I’m still standing”, afgesluit. “Daar bestaan geen twyfel dat ons lede en gaste met ‘n ‘lied in die hart’ huiswaarts gekeer het nie,” vertel Elizma.

 
Hardus Botha
AVBOB Se ‘Sirkusnarre’ Laat Skaterlag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...