Die ‘Boet van Visnette’
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
“Ek begin vandag se klavierspel, wat ek geïmproviseer as ‘n huldeblyk vir ‘n pragtige mens, skrywer en digter, Trienke Laurie,” het Lara Kirsten haar onlangse optrede in Franskraal geopen. “Ek onthou haar as ‘n baie spesiale mens en ek glo julle ook.” Trienke se onverwagse afsterwe het skokgolwe in haar wye vriendekring en organisasies gestuur. Sy was ‘n geliefde inwoner, skrywer en digter, asook ‘n aktiewe lid van Gansbaai Leeskring.
Om direk langs Lara te sit en haar agter die klavier dop te hou, is ‘n belewenis - haar hande, vingers, liggaamshouding en -bewegings, asook haar gesigsuitdrukkings, spreek boekdele van ‘n mengsel van emosie en gevoel wat soos ‘n musikale waterstroompie uit haar menswees vloei. Sy sit met die musiekblad voor haar, maar sy voer dit op soos wat die gevoel in haar opkom. Lara het vir ‘n tweede keer in Almarie van Vuuren se woning opgetree, met Gansbaai Leeskrig se lede as gaste. “Met haar pragtige lang hare, haar skraal lyfie en onopgesmuktheid laat Lara my aan ‘n Nimf dink,” het Almarie haar aan die gaste beskryf. “Iemand wat in ‘n wonderwêreld hoort wat jou kan wegvoer na ‘n magiese wonderwêreld gevul met note en woorde!”
Lara se klavierspel voer sy op soos wat die gevoel in haar opkom. Met die voordra van haar eie gedigte is dit eweneens een bondel gevoel en emosie waar sy haar met liggaamshouding, gesigsuitdrukking en beweging so inleef dat mens dink sy is alleen in die vertrek. Hetsy met haar klavierspel of die voordra van gedigte - haar emosievolle liggaamshouding, gesigsuitdrukkings, verstand, siel en hand-bewegings, is ‘vanuit ‘n ander wêreld’. Daar is ‘n intense meelewing in alles wat sy doen - voor die klavier is dit asof sy ‘n ‘dans’ met haar liggaam uitvoer.
Lara sê sy werk nie met woorde op papier nie, “vir my word woord vlees”, het sy gesê. Ek probeer poësie in my lyf inkry om dit só te kan uitleef. Sy sê wanneer sy gedigte skryf, is dit nie haar hand wat sy op papier sit nie, maar haar hele lyf.
dit is daar waar ek wil wees
daar waar kontinente van klank uit
my keel en vingers vloei
en ek aan 'n hele nuwe aarde geboorte gee
daar waar die magtige digkuns
die ritme van die dag bepaal
ek voel alewig die klop in my keel
die nimmereindigende spits van my ore
ek staan op aandag
gereed vir die magtige vers
wat met volbloedige vlerke op my palms gaan land
(Lara Kirsten: ‘tussen die lugholtes van my ribbes’)
Die gaste was dit eens dat Lara altyd ‘n welkome gas in Gansbaai sal wees. Geurige verversings is na afloop van haar aanbieding bedien, terwyl Lara spontaan en ontspanne met almal kommunikeer het.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreBesoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.