Die ‘Boet van Visnette’
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
Die Herberg Kinderhuis in Robertson is een van die NG-gemeente Gansbaai se ‘buite’-projekte en ondersteuning word gereeld aan die kinderhuis vanuit hierdie omgewing verleen, so ook deur enkele individue in en rondom Gansbaai. Soms is dit gebak, ander kere is dit toiletware, klere en snoesige warmtruitjies vir die winter. Van die kinders is ook al vir ‘n naweek se ontspanning na ons omgewing gebring.
Francette Cilliers-Malan en haar buurvrou, Tessa Jordaan is twee dames wat onlangs 120 truie (groot, medium, klein en babatruitjies) gebrei en gehekel het, asook 120 hoedjies/keppies. Dit sal eersdaag by die kinderhuis afgelewer word. Francette is die een wat truitjies brei, terwyl Tessa verkies om dit te hekel - in altwee die gevalle is die eindprodukte ewe pragtig.
Francette is baie jare al bekend met haar liefdadigheids-breiwerk vir verskillende liefdadigheidsorganisasies. Tessa het sowat 5 jaar gelede by haar aangesluit en tussen die twee het ‘n magdom van truitjies en mussies al die lig gesien - die een brei, die ander een hekel, byna soos vinkel en koljander!.
Die Herberg Kinderhuis in Robertson het net gedurende die afgelope paar maande 27 nuwe kinders opgeneem. Uitgawes met verwysing na skoolklere, winters-nagklere, skoolbenodighede en ekstra warm komberse vir die kinders beloop groot bedrae geld. Een van hulle fondsinsamelingsprojekte is die jaarlikse Ca2Cx fietstoer (Klein Joostenberg na Knysna) deur Classic Cycles Cape Town vanaf 25 Junie tot 2 Julie 2024 ten bate van die kinderhuis. Groter Gansbaai se entoesiastiese fietsryers en -klubs kan gerus kennis hiervan neem. Belangstellendes kan vir Johan Steyn (JJ) by 082 938 9886 skakel, of stuur ‘n epos aan hom by classiccycles1@gmail.co. Daar is nog plek vir inskeywings.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreBesoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.