Blog

120 Truitjies en Hoedjies vir Herberg Kinderhuis

120 Truitjies en Hoedjies vir Herberg Kinderhuis

Gans-Berg Nuus / News

120 Truitjies en Hoedjies vir Herberg Kinderhuis

Die Herberg Kinderhuis in Robertson is een van die NG-gemeente Gansbaai se ‘buite’-projekte en ondersteuning word gereeld aan die kinderhuis vanuit hierdie omgewing verleen, so ook deur enkele individue in en rondom Gansbaai. Soms is dit gebak, ander kere is dit toiletware, klere en snoesige warmtruitjies vir die winter. Van die kinders is ook al vir ‘n naweek se ontspanning na ons omgewing gebring.

Francette Cilliers-Malan en haar buurvrou, Tessa Jordaan is twee dames wat onlangs 120 truie (groot, medium, klein en babatruitjies) gebrei en gehekel het, asook 120 hoedjies/keppies. Dit sal eersdaag by die kinderhuis afgelewer word. Francette is die een wat truitjies brei, terwyl Tessa verkies om dit te hekel - in altwee die gevalle is die eindprodukte ewe pragtig.

Francette is baie jare al bekend met haar liefdadigheids-breiwerk vir verskillende liefdadigheidsorganisasies. Tessa het sowat 5 jaar gelede by haar aangesluit en tussen die twee het ‘n magdom van truitjies en mussies al die lig gesien - die een brei, die ander een hekel, byna soos vinkel en koljander!.

Die Herberg Kinderhuis in Robertson het net gedurende die afgelope paar maande 27 nuwe kinders opgeneem. Uitgawes met verwysing na skoolklere, winters-nagklere, skoolbenodighede en ekstra warm komberse vir die kinders beloop groot bedrae geld. Een van hulle fondsinsamelingsprojekte is die jaarlikse Ca2Cx fietstoer (Klein Joostenberg na Knysna) deur Classic Cycles Cape Town vanaf 25 Junie tot 2 Julie 2024 ten bate van die kinderhuis. Groter Gansbaai se entoesiastiese fietsryers en -klubs kan gerus kennis hiervan neem. Belangstellendes kan vir Johan Steyn (JJ) by 082 938 9886 skakel, of stuur ‘n epos aan hom by classiccycles1@gmail.co. Daar is nog plek vir inskeywings.

 
Hardus Botha
120 Truitjies en Hoedjies vir Herberg Kinderhuis

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg in...

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg ...

“Die see het Saterdag, 20 April pragtig gelyk, met beloftes van goeie vangstes,” sê Elba Tredoux van Overberg Kushengel.

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Saterdag, 19 April 2024 se Birkenhead Boothengelklub se maandelikse boothengelkompetisie het ‘n groot hoeveelheid hangbergers en silwervis opgelewer.

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

Hierdie twee kollegas was onlangs besig met patrolliediens toe hulle ‘n klagte van sakke perlemoen ontvang.

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

kleuters deel opgewonde drukkies uit.

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

“Vir my voel die braaiery vir hierdie reeks so al met die kus langs soos ‘n rustige vakansie,” het die bekende Jan Braai vir Gans-Berg Nuus gese.