Blog

Andrew Murray-Prys 2024

Andrew Murray-Prys 2024

Gans-Berg Nuus / News

Andrew Murray-Prys 2024

Gansbaai, 15 April 2024

Twee boeke uit die stal van Naledi wen gesogte literêre pryse.

Met sy boek, Daar is Meer, is Daniël Louw aangewys as die 2024-wenner van die Andrew Murray-prys. Die Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys vir debuutwerk is gewen deur Sandy Schoeman met haar boek Rooiletterkind. Beide boeke is deur Naledi uitgegee. Van die 19 boeke op die kortlys in die drie kategorieë het Naledi twee wenners.

Daar is Meer neem verwondering as vertrekpunt in die soeke na waarheid en sin. “Meer is om te worstel met die kompleksiteit van lewensgebeure; om binne die raaisel van paradokse te ontdek dat die lewe ook mooi en sinvol kan wees ten spyte van verliese en die wete van sterflikheid.”

Dis ʼn boek vir elke mens wat wonder oor die sin van die lewe te midde van ons daaglikse materieel-gedrewe bestaan. 

Daniël Louw was ’n dosent en professor in praktiese teologie aan die fakulteit teologie aan die US vanaf 1978 tot 2005 en dekaan van die fakulteit vanaf 2001 tot 2005. Hy is ook ʼn voormalige president van die International Academy of Practical Theology (IAPT) (2003-2005) en van die International Council for Pastoral Care and Counselling (ICPPC) (2011-2015). Louw is die skrywer van verskeie boeke en wetenskaplike artikels oor die praktiese teologie, hospitaal- en siekepastoraat, lydingspastoraat asook oor huweliks- en gesinsberading. Hy het ook die nou reeds wêreldbekende boek, Waarom lewe ek (Viktor Frankl, Man’s Search for Meaning) uit Duits vertaal. Hierdie boek het in Afrikaans nege herdrukke beleef.

Die Andrew Murray-prys is die “moederprys” onder die sambreel van die Andrew Murray-Desmond Tutu-prysfonds wat in sy oorspronklike vorm al bykans 44 jaar bestaan en jaarliks vir teologiese en algemeen-Christelike publikasies toegeken word. ʼn Groot aantal diverse instansies vorm die Ledevergadering van die prysfonds – o.a. instansies uit die geledere van die Afrikaanse en Anglikaanse kerke en die teologiese fakulteite aan die universiteite.

Daar was vanjaar ʼn rekordgetal boeke vir die Andrew Murray-prys ingeskryf. Daar is drie verskillende kategorieë in die prys. Die eerste en oudste is die Andrew Murray-prys vir Christelike publikasies in Afrikaans waar die eerste toekenning reeds in 1980 gemaak is. In hierdie kategorie is daar 31 titels deur 8 verskillende uitgewers ingeskryf. Dan is daar die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys vir teologiese publikasies in ʼn amptelike taal van SA waar daar 27 boeke deur 15 uitgewers ingeskryf is. 

Die derde en laaste kategorie is die Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys vir debuutwerk waar daar 16 boeke van 6 uitgewers ingeskryf is. Dit is in hierdie laaste kategorie dat Rooiletterkind deur Sandy Schoeman gewen het; ʼn boek waarmee enige ouer sal kan identifiseer.

Dit plaas die broosheid en feilbaarheid van ouerskap onder die vergrootglas. Die boek volg die innerlike reis van die skrywer wat eers as pleegma en later as aanneemma moes worstel met ’n halsstarrige kind en ’n hart wat gereeld uit haar borskas geruk word; ʼn reis waarop sy haarself nie kon voorberei nie. Met Rooiletterkind gee die skrywer ʼn boodskap van hoop; ʼn aanduiding van wat moederskap behels en ʼn herinnering dat liefde altyd die grootste is.

Die prysoorhandiging is DV op 31 Mei in die Kunstekaap-teater in Kaapstad.

Andrew Murray-Prys 2024

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Twee Nuwe SAPD Stasiebevelvoerders vir Gansbaai en Hermanus

Twee Nuwe SAPD Stasiebevelvoerders vir Gansba...

Gansbaai SAPD, asook Hermanus SAPD, het gelyktydig nuutaangestelde Stasiebevelvoerders vir die onderskeie polisiekantore gekry.

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg in...

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg ...

“Die see het Saterdag, 20 April pragtig gelyk, met beloftes van goeie vangstes,” sê Elba Tredoux van Overberg Kushengel.

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Saterdag, 19 April 2024 se Birkenhead Boothengelklub se maandelikse boothengelkompetisie het ‘n groot hoeveelheid hangbergers en silwervis opgelewer.

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

Hierdie twee kollegas was onlangs besig met patrolliediens toe hulle ‘n klagte van sakke perlemoen ontvang.

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

kleuters deel opgewonde drukkies uit.