Blog

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Gans-Berg Nuus / News

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

“Vir my voel die braaiery vir hierdie reeks so al met die kus langs soos ‘n rustige vakansie,” het die bekende TV-persoonlikheid, Jan Braai aan Gans-Berg Nuus gesê. “Dis vriendelike mense en ek laat hulle hierdie keer meer self braai as wat ek braai!” ‘Jan Braai vir Erfenis’ en sy span van DSTV, Kyknet, kanaal 144 het ‘n volledige draai in Groter Gansbaai gemaak. Hulle was in die proses van 13 episodes vanaf die Weskus, Kaapstad en Seepunt tot by Groter Gansbaai en daarna Struisbaai en verder.

Die span bestaan uit homself, Guilluanne (fotograaf), Nico Retief en Christien Durand - die een so vriendelik soos die ander een. Gans-Berg Nuus het die voorreg geniet om rustig saam met Jan en sy span by Eileen’s Seafood Paradise te kuier. Daar het hy een van ons plaaslike vissermanne, Francois (Buma) Fourie ‘aangetree’ om galjoen te braai. “Vandat Francois begin braai het, was dit vir my duidelik dat hy maar mag braai,” was Jan se opmerking, “en ek leer telkens iets nuuts by almal wat self braai!” Dit was opvallend hoe Jan tussen die gaste deur beweeg en spontane gesprekke met almal aanknoop - en gemoedelik instem tot die neem van foto’s, natuurlik met hom aan die sy!

Vanaf Eileen’s het Jan onder andere ‘n draai by die Great White House gemaak (vir ‘n bootrit), Franskraal Museum, Pearly Beach Klub en Ouskool in Baardskeerdersbos. Oral het ‘vreugdes-braaivure’ gebrand en sy TV-opnames is terdeë geniet.

Jan staan aan die hoof van die organisasie, ‘Nasionale Braaidag’ wat in 2005 gestig is en jaarliks op 24 September gevier word. Hy het drie datums van uitsendings verskaf: Eileen’s op 5 Junie, Baardskeerdersbos op 22 Junie en Elim op 29 Junie 2024 - op DSTV, Kyknet, kanaal 144. Die volledige reeks sal uit 13 episodes bestaan.

 
Hardus Botha
Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!