Blog

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Gans-Berg Nuus / News

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

“Vir my voel die braaiery vir hierdie reeks so al met die kus langs soos ‘n rustige vakansie,” het die bekende TV-persoonlikheid, Jan Braai aan Gans-Berg Nuus gesê. “Dis vriendelike mense en ek laat hulle hierdie keer meer self braai as wat ek braai!” ‘Jan Braai vir Erfenis’ en sy span van DSTV, Kyknet, kanaal 144 het ‘n volledige draai in Groter Gansbaai gemaak. Hulle was in die proses van 13 episodes vanaf die Weskus, Kaapstad en Seepunt tot by Groter Gansbaai en daarna Struisbaai en verder.

Die span bestaan uit homself, Guilluanne (fotograaf), Nico Retief en Christien Durand - die een so vriendelik soos die ander een. Gans-Berg Nuus het die voorreg geniet om rustig saam met Jan en sy span by Eileen’s Seafood Paradise te kuier. Daar het hy een van ons plaaslike vissermanne, Francois (Buma) Fourie ‘aangetree’ om galjoen te braai. “Vandat Francois begin braai het, was dit vir my duidelik dat hy maar mag braai,” was Jan se opmerking, “en ek leer telkens iets nuuts by almal wat self braai!” Dit was opvallend hoe Jan tussen die gaste deur beweeg en spontane gesprekke met almal aanknoop - en gemoedelik instem tot die neem van foto’s, natuurlik met hom aan die sy!

Vanaf Eileen’s het Jan onder andere ‘n draai by die Great White House gemaak (vir ‘n bootrit), Franskraal Museum, Pearly Beach Klub en Ouskool in Baardskeerdersbos. Oral het ‘vreugdes-braaivure’ gebrand en sy TV-opnames is terdeë geniet.

Jan staan aan die hoof van die organisasie, ‘Nasionale Braaidag’ wat in 2005 gestig is en jaarliks op 24 September gevier word. Hy het drie datums van uitsendings verskaf: Eileen’s op 5 Junie, Baardskeerdersbos op 22 Junie en Elim op 29 Junie 2024 - op DSTV, Kyknet, kanaal 144. Die volledige reeks sal uit 13 episodes bestaan.

 
Hardus Botha
Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Twee Nuwe SAPD Stasiebevelvoerders vir Gansbaai en Hermanus

Twee Nuwe SAPD Stasiebevelvoerders vir Gansba...

Gansbaai SAPD, asook Hermanus SAPD, het gelyktydig nuutaangestelde Stasiebevelvoerders vir die onderskeie polisiekantore gekry.

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg in...

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg ...

“Die see het Saterdag, 20 April pragtig gelyk, met beloftes van goeie vangstes,” sê Elba Tredoux van Overberg Kushengel.

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Saterdag, 19 April 2024 se Birkenhead Boothengelklub se maandelikse boothengelkompetisie het ‘n groot hoeveelheid hangbergers en silwervis opgelewer.

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

Hierdie twee kollegas was onlangs besig met patrolliediens toe hulle ‘n klagte van sakke perlemoen ontvang.

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

kleuters deel opgewonde drukkies uit.