Blog

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gansbaai Lions...

kleuters deel opgewonde drukkies uit.

Gansbaai Lions se Lion Ogilvie en Lion Marietta Hatting het op Vrydag, 19 April 2024 sagte speelgoed aan die kleuters van Elim Dagsorg in Gansbaai en Seesterretjies Creché in Buffeljachts uitgedeel - die kleuters was só opgewonde dat spontane drukkies van dankbaarheid aan die weldoeners uitgedeel is.

By Elim Dagsorg moes een van die versorgers wat aan diens was, Thumie, seker maak sy hou ‘n wakende ogie oor die opgewonde kinders. Sy het ook namens die kleingoed die sentrum se waardering aan die besoekers uitgespreek.

Vandaar is die groep na Seesterretjies Creché in Buffeljachts waar eweneens opgewonde kleuters met groot, blink oë die aflaai van speelgoed fyn dopgehou het. Die blydskap oor die ‘scootertjies’ en groot balle was so erg dat die personeel, Nicole, Amelda en Actule vir die vale moes bontstaan of die kleingoed ‘jaag’ by die klaskamer uit, waar hulle oor die trappie kon struikel.

Elke kleuter het ‘n sagte speelding ontvang wat hulle huis toe kon neem. Die scooters en balle bly egter in die creché en word nie saam huis toe gestuur nie - dit sal verseker dat toekomstige skoolbywoning 100% sal wees! Gansbaai Lions bedank graag die motorfietsklubs wat die speelgoed tydens die laaste ‘Toy Run’ ingesamel het om dit aan diensorganisasies te skenk om dit na goeddunke uit te deel.

 
Hardus Botha
Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edit...

Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.