Blog

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gansbaai Lions...

kleuters deel opgewonde drukkies uit.

Gansbaai Lions se Lion Ogilvie en Lion Marietta Hatting het op Vrydag, 19 April 2024 sagte speelgoed aan die kleuters van Elim Dagsorg in Gansbaai en Seesterretjies Creché in Buffeljachts uitgedeel - die kleuters was só opgewonde dat spontane drukkies van dankbaarheid aan die weldoeners uitgedeel is.

By Elim Dagsorg moes een van die versorgers wat aan diens was, Thumie, seker maak sy hou ‘n wakende ogie oor die opgewonde kinders. Sy het ook namens die kleingoed die sentrum se waardering aan die besoekers uitgespreek.

Vandaar is die groep na Seesterretjies Creché in Buffeljachts waar eweneens opgewonde kleuters met groot, blink oë die aflaai van speelgoed fyn dopgehou het. Die blydskap oor die ‘scootertjies’ en groot balle was so erg dat die personeel, Nicole, Amelda en Actule vir die vale moes bontstaan of die kleingoed ‘jaag’ by die klaskamer uit, waar hulle oor die trappie kon struikel.

Elke kleuter het ‘n sagte speelding ontvang wat hulle huis toe kon neem. Die scooters en balle bly egter in die creché en word nie saam huis toe gestuur nie - dit sal verseker dat toekomstige skoolbywoning 100% sal wees! Gansbaai Lions bedank graag die motorfietsklubs wat die speelgoed tydens die laaste ‘Toy Run’ ingesamel het om dit aan diensorganisasies te skenk om dit na goeddunke uit te deel.

 
Hardus Botha
Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!