Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
Maar moenie té gerus raak.
“Die see het Saterdag, 20 April pragtig gelyk, met beloftes van goeie vangstes,” sê Elba Tredoux van Overberg Kushengel. “Dit was toe wel ‘n lieflike dag langs die waters en by sommige plekke het die hengelstokke soos hare op ‘n hond se rug gestaan.”
Elba sê niemand was teleurgesteld by die inweegskaal nie - die totale gewig van die visse wat ingeweeg is, was net meer as 46kg. Die voorloper tans is Thys Kemp van De Kelders met ‘n allemintige 17.71kg wat hy inkatrol het. “Baie geluk, Thys, ‘n lekker boottrip wink vir jou, maar moenie té gerus raak nie!” het Elba gesê.
“Ons is slegs twee kompetisies weg van ons jaareinde en die onderlinge kompetisie raak nou straf onder die individuele hengelaars, asook die spanposisie.” Sy sê die voorloperspan, die Korhane, moes hulle voorsprong aan die Leervisse-span afstaan (eina!). Nou wag daar strawwe hengel, maar alles gelukkig in ‘n goeie gees!
Die wenner van die dag was Thys Kemp, met Eldo Marais wat 2de met 6.48kg geëindig het en Eben Swanepoel 3de met 6.12kg. Die res van die suksesvolle hengelaars was Gustav Carstensen, Piet Groenewald, Sihan Toua, Melchi Botha, Heleen Lundt en Pieter Marais.
Die aandfunksie het, soos gewoonlik, vrolik en gesellig verloop met egte ‘Sondagkos’, lekker geselskap en voetejeuk-musiek. “Opregte dank aan ons borge, Kuslangs Restaurant, Buitesteen Pub & Grill en Gansbaai Vismark, waarsonder ons kompetisies nie moontlik sal wees nie,” sê Elba. “Ons sien uit na volgende maand se hengelkompetisie.”
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThe latest edition of Gans-Berg News is out now!
This week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.