Filler: Mole Snake
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Koppe het al behoorlik gedraai op die hoek van Franken- en Hoofstrate oor die tuin-gewerskaf daar, met mense wat summier stilhou om foto’s te neem - en lyk dit nie alte pragtig nie? Die Gans-Berg Nuus het daar met Marieta van Heerden gesels. “Carla Gouws het sowat ‘n jaar gelede die Tuinbouklub gestig met die doel om ‘n bydrae tot die dorp se netheid te lewer,” het Marieta gesê. Tydens die neem van foto’s het Marieta en Gift al behoorlik gesweet met hulle gewerskaf.
Marieta sê baie van die plante en aalwyne kom sommer uit haar eie tuin uit, met ander wat geskenk is. “Build it was so gaaf om die klippe te skenk en te kom aflewer,” vertel sy. Carla het Gans-Berg Nuus telefonies ingelig dat sy met die stigting van die klub gehoop het dit sou belangstelling onder inwoners wek. “Ons is nou al sowat 40 lede, alhoewel almal nie aktief is nie,” vertel sy. “Aanvanklik het ons by ons eie huise met die sypaadjies begin om dit netjies te maak.” Die groep het al kleiner projekte aangepak, maar die tuinbou-aksie op die hoek van Franken- en Hoofstrate is hulle eerste groot projek en hulle noem dit hulle ‘Dorpsprojek’.
Carla vertel van Louise Swart wat intussen ook ‘n groep gestig het, maar hulle fokus op verfwerk. “Hulle is dus die kunstenaars en ons is die tuiniers,” het Carla met ‘n laggie gesê. Nou-ja, soveel gildes, klubs en wie weet wat alles in ons dorp en nou ‘n Tuinbouklub en ‘n Verfklub - altwee met een doel voor oë en dit is om ons dorp met harde, vrywillige werk beter te laat lyk.
Belangstellendes wat dieselfde behoefte as hierdie twee dames koester, om Gansbaai beter te laat lyk, kan hulle gerus kontak, hetsy om hulp aan te bied of om plante en ander benodigdhede te skenk - dit sal sekerlik hoog op prys gestel word.
Die Gans-Berg Nuus wens hierdie klubs baie sterkte toe met die ‘sweetwerk’ en sê terselfdertyd baie dankie vir hulle vrywillige dienste. Marieta van Heerden kan by 084 978 6319 gekontak word en Carla Gouws by 084 769 4905.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreA punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.
Die jaar is bykans agter die rug en dit is weer tyd vir ons jaarlikse Vissermansdankdiens.