Blog

Tuinbouklub Verfraai Franken- en Hoofstrate

Tuinbouklub Verfraai Franken- en Hoofstrate

Gans-Berg Nuus / News

Tuinbouklub Verfraai Franken- en Hoofstrate

Koppe het al behoorlik gedraai op die hoek van Franken- en Hoofstrate oor die tuin-gewerskaf daar, met mense wat summier stilhou om foto’s te neem - en lyk dit nie alte pragtig nie? Die Gans-Berg Nuus het daar met Marieta van Heerden gesels. “Carla Gouws het sowat ‘n jaar gelede die Tuinbouklub gestig met die doel om ‘n bydrae tot die dorp se netheid te lewer,” het Marieta gesê. Tydens die neem van foto’s het Marieta en Gift al behoorlik gesweet met hulle gewerskaf. 

Marieta sê baie van die plante en aalwyne kom sommer uit haar eie tuin uit, met ander wat geskenk is. “Build it was so gaaf om die klippe te skenk en te kom aflewer,” vertel sy. Carla het Gans-Berg Nuus telefonies ingelig dat sy met die stigting van die klub gehoop het dit sou belangstelling onder inwoners wek. “Ons is nou al sowat 40 lede, alhoewel almal nie aktief is nie,” vertel sy. “Aanvanklik het ons by ons eie huise met die sypaadjies begin om dit netjies te maak.” Die groep het al kleiner projekte aangepak, maar die tuinbou-aksie op die hoek van Franken- en Hoofstrate is hulle eerste groot projek en hulle noem dit hulle ‘Dorpsprojek’.

Carla vertel van Louise Swart wat intussen ook ‘n groep gestig het, maar hulle fokus op verfwerk. “Hulle is dus die kunstenaars en ons is die tuiniers,” het Carla met ‘n laggie gesê. Nou-ja, soveel gildes, klubs en wie weet wat alles in ons dorp en nou ‘n Tuinbouklub en ‘n Verfklub - altwee met een doel voor oë en dit is om ons dorp met harde, vrywillige werk beter te laat lyk.

Belangstellendes wat dieselfde behoefte as hierdie twee dames koester, om Gansbaai beter te laat lyk, kan hulle gerus kontak, hetsy om hulp aan te bied of om plante en ander benodigdhede te skenk - dit sal sekerlik hoog op prys gestel word.

Die Gans-Berg Nuus wens hierdie klubs baie sterkte toe met die ‘sweetwerk’ en sê terselfdertyd baie dankie vir hulle vrywillige dienste. Marieta van Heerden kan by 084 978 6319 gekontak word en Carla Gouws by 084 769 4905.

 
Hardus Botha
Tuinbouklub Verfraai Franken- en Hoofstrate

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

The latest edition of Gans-Berg News is out now!

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

This week's edition features important community news...

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 2026)

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 20...

This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.

Gans-Berg News - 29 May 2026

Gans-Berg News - 29 May 2026

This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.

Gans-Berg News - 22 May 2026

Gans-Berg News - 22 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.

Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.