Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
Gansbaai se Gansies is nie meer ‘halwe weeskinders’ nie - hulle ‘nuwe’ skoolhoof, mnr Devin Sauls (31), is met ingang van 1 Junie 2024 as permanente skoolhoof van Laerskool Gansbaai (LSG) aangestel - hy is reeds in Augustus 2023 as waarnemende skoolhoof aangestel - nou ‘proe’ hy die vrugte van sy werk met ‘n welverdiende en permanente aanstelling as skoolhoof.
Devin se eerste onderwyspos was by Gansbaai Primêr, Blompark in 2015. Daarna was De Bron Primêr in Stanford aan die beurt en “daarna is ek na China vir twee jaar om die wêreld te verken,” vertel hy. In 2019 is Devin terug na Gansbaai Primêr vir 6 maande, waarna hy by LSG as onderwyser aangestel. Devin is na Departementshoof bevorder en na Jonathan Doyle se bedanking in 2023, is hy as waarnemende skoolhoof aangestel.
“Sonder ‘n uitstekende personeelkorps wat by nuwe idees inkoop, sal my hande afgekap wees,” sê Devin, “en ek is dankbaar dat ek wel só ‘n personeelkorps het.” Hy vertel ook dat hy ‘n mense-mens is en dat kontak met die ouers en die gemeenskap vir hom van kardinale belang is. Daarom wil hy op ‘grondvlak’ bly en dis vir hom lekker om te kommunikeer en te gesels! “Ek wil ook sommer byvoorbaat dankie sê aan ons ouers en die gemeenskap vir hulle volgehoue ondersteuning,” sê Devin. “Ek het ‘n intense liefde vir die skool en beskou my aanstelling as ‘n groot eer.”
Devin het dit onomwonde aan die Gans-Berg Nuus gestel dat hy streef na ‘n posetiewe groei van LSG en hy wil die skool na nuwe hoogtes lei - alles ingeslote: akademies, kultuur en sport, asook om ‘n eenheid met die ouers, gemeenskap, sakelui en organisasies te vorm.
Devin is in 2021 met Kay in die huwelik bevestig en hy is die trotse pa van hulle 7-maande-oue “bulletjie”, Liam. Hy het in Hermanus grootgeword, daar skoolgegaan en woon steeds daar, “maar my hart is hier!” ‘n Uitstaande kenmerk van Devin is sy betrokkenheid by die leerders op alle vlakkie, veral sport, maar ook wanneer daar ‘sports’ met die onderwysers aangevang word! So het hy onder andere met die onlangse Pretstap ‘n uitdaging aan die leerders gestel en verloor - daarvoor moes hy die yskoue seewater aandurf!
Ter afsluiting het Devin gesê onderwys is nie vir hom ‘n werk nie, dis ‘n liefde, “al is ek waarskynlik die jongste skoolhoof in die Overberg Onderwyskring!”
Die Gans-Berg Nuus se redaksie, die lesers en die gemeenskap wens Devin net die beste toe vir die toekoms.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.