Filler: Mole Snake
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Gans-Berg Nuus het in ‘n onlangse berig gemeld dat die Overberg Houtwerkgilde (voorheen die Overberg Houtwerk Assosiasie) ‘n geruime tyd ‘aan die stil kant’ was. Dit het net op die oog af so voorgekom, hulle was deurgaans aan die gang met die beoefening van hulle houtwerktalente.
Die houtwerkspan se byeenkomste behels ontspanning, uitbreiding van hul kennis, hulpverlening aan beginners en baie meer, asook professionele houtwerk waarmee hulle al onder andere na Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes uitgereik. Daar is deurgaans projekte in proses om ook in die gemeenskap aktief te wees.
Een van die projekte waarmee hulle tans besig is, is om na Elim Tehuis in Elim uit te reik, waar fisies- en liggaamlik gestremdes gehuisves word. “Ons beplan om die Tehuis te besoek om vas te stel wat die mees praktiese items is wat ons vir hulle kan vervaardig,” het De Wet Conradie van die klub gesê. Hulle het die moontlikheid van houtkarretjies en -vragmotortjies bespreek, of dalk eerder letters, syfers en legkaarte van hout. “Ons besoek aan hulle sal bepaal wat die beste sal wees,” het De Wet gesê. Tydens die Gans-Berg Nuus se besoek aan die gilde, het Hennie Prinsloo, voormalige voorsitter, ‘n demonstrasie van sy eie ‘uitvindsel’ op die skaafmasjien gelewer.
Die groep entoesiastiese lede vergader elke 1ste Donderdag van die maand by Progress Design van Hennie Prinsloo in die Industriële gebied, of soos die manne besluit. Belangstellendes kan die sekretaris, De Wet Conradie, by 082 826 4411 vir navrae gekontak word.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreA punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.
Die jaar is bykans agter die rug en dit is weer tyd vir ons jaarlikse Vissermansdankdiens.