Blog

Overberg Houtwerkgilde

Overberg Houtwerkgilde

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Houtwerkgilde

Gans-Berg Nuus het in ‘n onlangse berig gemeld dat die Overberg Houtwerkgilde (voorheen die Overberg Houtwerk Assosiasie) ‘n geruime tyd ‘aan die stil kant’ was. Dit het net op die oog af so voorgekom, hulle was deurgaans aan die gang met die beoefening van hulle houtwerktalente.

Die houtwerkspan se byeenkomste behels ontspanning, uitbreiding van hul kennis, hulpverlening aan beginners en baie meer, asook professionele houtwerk waarmee hulle al onder andere na Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes uitgereik. Daar is deurgaans projekte in proses om ook in die gemeenskap aktief te wees.

Een van die projekte waarmee hulle tans besig is, is om na Elim Tehuis in Elim uit te reik, waar fisies- en liggaamlik gestremdes gehuisves word. “Ons beplan om die Tehuis te besoek om vas te stel wat die mees praktiese items is wat ons vir hulle kan vervaardig,” het De Wet Conradie van die klub gesê. Hulle het die moontlikheid van houtkarretjies en -vragmotortjies bespreek, of dalk eerder letters, syfers en legkaarte van hout. “Ons besoek aan hulle sal bepaal wat die beste sal wees,” het De Wet gesê. Tydens die Gans-Berg Nuus se besoek aan die gilde, het Hennie Prinsloo, voormalige voorsitter, ‘n demonstrasie van sy eie ‘uitvindsel’ op die skaafmasjien gelewer.

Die groep entoesiastiese lede vergader elke 1ste Donderdag van die maand by Progress Design van Hennie Prinsloo in die Industriële gebied, of soos die manne besluit. Belangstellendes kan die sekretaris, De Wet Conradie, by 082 826 4411 vir navrae gekontak word.

Hardus Botha

Overberg Houtwerkgilde

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

The latest edition of Gans-Berg News is out now!

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

This week's edition features important community news...

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 2026)

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 20...

This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.

Gans-Berg News - 29 May 2026

Gans-Berg News - 29 May 2026

This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.

Gans-Berg News - 22 May 2026

Gans-Berg News - 22 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.

Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.