Die ‘Boet van Visnette’
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
-Pearly Beach se langslewende inwoner-
Pearly Beach se langslewende inwoner, Ouma Hettie Peterson, het op Sondag, 5 Mei 2024 haar 90ste lewensmylpaal bereik. “Ek is nog op-en-wakker en oor 10 jaar kan jy oor my 100ste verjaarsdag ‘n berig plaas,” het ‘n opgewekte Hettie aan Gans-Berg Nuus gesê. Sy het drie seuns, waarvan een, Bertus, oorlede is. Die ander twee is Piet van Despatch en Wessel van George. Altwee was teenwoordig tydens ‘n gesellige verjaarsdag wat hulle vir haar op Saterdag, 4 Mei 2024 in die Pearly Beach Klub vir haar gereël - wat terdeë geniet is!
“Ek is die langslewende, permanente inwoner van Pearly Beach en dit is ná al hierdie jare steeds my geliefde plek waar ek graag wíl wees en nêrens anders nie,” vertel ‘n goed-versorgde Hettie. Sy is op 5 Mei 1934 gebore en verkeer steeds in goeie gesondheid. Met haar helder geheue onthou Hettie steeds al die fyner besonderhede van die verlede.
Sy en haar eggenoot, wyle Piet, het ‘n eiendomsadvertensie in ‘n Sondagkoerant gesien. “Toe ons besluit om in Pearly Beach te kom aftree, moes ons eers die ontwikkelaar skakel om uit te vind waar ons ‘beloofde land’ is,” vertel sy. “Ons het die ongerepte stukkie aarde besoek en besluit om die destydse veearts van Onderstepoort, dr Steyn, se huis te koop.” Sy vertel daar was drie huise waarvan hulle kon kies om te koop en hulle en hul kinders was die 13de huisgesin wat hulle permanent in Pearly Beach gevestig het. Die egpaar het op 2 Desember 1981 by die huis, wat hulle vir R32,000 gekoop het, ingetrek. “Eers in 1984 het elektrisiteit vernuwing gebring,” vertel sy.
Hettie het diep spore in Pearly Beach getrap. Onder andere was sy die eerste Eiendomsagent in Pearly Beach, nadat sy haar eiendomseksamen in 1988 afgelê het. Aanvanklik was sy deel van Eurika Eiendomme in Hermanus, maar het later haar eie agentskap, Hettie Peterson Eiendomme in Pearly Beach gestig. Sy vertel van enkele interessante transaksies wat sy hanteer het: drie erwe in Franskraal is vir R12,000 elk aan Jacob de Villiers verkoop; erwe is aan die destydse burgemeester, Willie Swart teen R8,000 elk verkoop; nog ‘n bekende, wyle Petrus du Preez, self ‘n destydse eiendomsagent in Pearly Beach, het sy eerste erf by Hettie gekoop.
Saam met Annette Kruger, Hannie Puren en Louise Davidson het Hettie die eerste Bybelstudie-groep in Pearly Beach begin en later jare nog een in Gansbaai. “Dr Christo Barnard, ds Leon du Toit en Deon Gresse was van die eerste lede,” vertel sy. Sedert 1982 was Hettie en wyle Piet ook kranige rolbalspelers. Later het sy ‘n erelid van Franskraal Rolbalklub geword. Nou-ja, soos Hettie gesê het, nog wag sy vir haar 100ste verjaarsdag!
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreBesoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.