Filler: Mole Snake
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Wintertyd is ook tyd vir Baadjies-aan-Bome, ‘n landswye projek om baadjies aan behoeftiges op ‘n unieke wyse beskikbaar te stel - dit word aan ‘n boom gehang en kan daar afgehaal word - items wat broodnodig is vir die koue wat alreeds begin toeslaan het.
Gansbaai se deelname aan vanjaar se projek word gesamentlik deur die Gans-Berg Nuus, Gansbaai se gemeenskapskoerant, en Gansbaai Toerisme aangebied. Skenk gerus julle baadjies (en/of wintersklere) wat nie meer benodig word nie. Soos ‘n vorige keer sal die baadjies weer aan die groot boom by die Farmer’s Market agter Gansbaai Superspar (langs die munisipale geboue) gehang word vir behoeftiges om ‘n gratis baadjie te kom afhaal - op Saterdag, 25 Mei 2024.
Tot en met Vrydag, 24 Mei 2024 kan baadjies by die kantore van Gans-Berg Nuus in die Protea Sentrum (oorkant die poskantoor) afgegee word, of neem dit na Gansbaai Toerisme se kantore aan die einde van die Great White Junction (Sparsentrum) vir bewaring. Dit sal dan op Saterdag, 25 Mei 2024 aan die boom gehang word.
Volgens inligting bekom, sal baadjies vanjaar op 86 plekke in die land aan bome gehang word - met vanjaar as die 5de keer, waartydens duisende kledingstukke vir die winter aan behoeftige mense geskenk sal word. “Ek bly verstom oor Suid-Afrikaners se groot harte vir hierdie projek,” het Madeleen van den Berg, Bestuurder van die projek in Suid-Afrika gesê. Deesdae is Madeleen se skoonsuster, Ina Botes, mede-bestuurder van die projek.
In Engels staan die projek as “Free on a Tree” bekend. Die beweging het in 2018 begin toe Oliver Edwards van Tasmanie, Australië, as deel van ‘n skoolprojek, besluit het om hawelose mense te help - in Suid-Afrika het die projek onmiddelik vlamgevat. Kom doen gerus mee aan die projek op Saterdag, 25 Mei 2024 by Gansbaai se Farmer’s Market.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreA punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.
Die jaar is bykans agter die rug en dit is weer tyd vir ons jaarlikse Vissermansdankdiens.