Baadjies-aan-Bome

Baadjies-aan-Bome

Gans-Berg Nuus / News

Baadjies-aan-Bome

Wintertyd is ook tyd vir Baadjies-aan-Bome, ‘n landswye projek om baadjies aan behoeftiges op ‘n unieke wyse beskikbaar te stel - dit word aan ‘n boom gehang en kan daar afgehaal word - items wat broodnodig is vir die koue wat alreeds begin toeslaan het.

Gansbaai se deelname aan vanjaar se projek word gesamentlik deur die Gans-Berg Nuus, Gansbaai se gemeenskapskoerant, en Gansbaai Toerisme aangebied. Skenk gerus julle baadjies (en/of wintersklere) wat nie meer benodig word nie. Soos ‘n vorige keer sal die baadjies weer aan die groot boom by die Farmer’s Market agter Gansbaai Superspar (langs die munisipale geboue) gehang word vir behoeftiges om ‘n gratis baadjie te kom afhaal - op Saterdag, 25 Mei 2024.

Tot en met Vrydag, 24 Mei 2024 kan baadjies by die kantore van Gans-Berg Nuus in die Protea Sentrum (oorkant die poskantoor) afgegee word, of neem dit na Gansbaai Toerisme se kantore aan die einde van die Great White Junction (Sparsentrum) vir bewaring. Dit sal dan op Saterdag, 25 Mei 2024 aan die boom gehang word.

Volgens inligting bekom, sal baadjies vanjaar op 86 plekke in die land aan bome gehang word - met vanjaar as die 5de keer, waartydens duisende kledingstukke vir die winter aan behoeftige mense geskenk sal word. “Ek bly verstom oor Suid-Afrikaners se groot harte vir hierdie projek,” het Madeleen van den Berg, Bestuurder van die projek in Suid-Afrika gesê. Deesdae is Madeleen se skoonsuster, Ina Botes, mede-bestuurder van die projek.

In Engels staan die projek as “Free on a Tree” bekend. Die beweging het in 2018 begin toe Oliver Edwards van Tasmanie, Australië, as deel van ‘n skoolprojek, besluit het om hawelose mense te help - in Suid-Afrika het die projek onmiddelik vlamgevat. Kom doen gerus mee aan die projek op Saterdag, 25 Mei 2024 by Gansbaai se Farmer’s Market.

Hardus Botha

Baadjies-aan-Bome

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

This week's edition features important community news...

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 2026)

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 20...

This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.

Gans-Berg News - 29 May 2026

Gans-Berg News - 29 May 2026

This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.

Gans-Berg News - 22 May 2026

Gans-Berg News - 22 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.

Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...