Bev Swart Vang 6.55kg Geelbek in Birkenhead Kompetisie

Bev Swart Vang 6.55kg Geelbek in Birkenhead Kompetisie

Gans-Berg Nuus / News

Bev Swart Vang 6.55kg Geelbek in Birkenhead Kompetisie

Bev Swart het met Saterdag, 18 Mei 2024 se boothengelkompetisie dalk gevoel soos toe hy ‘n kolhou (‘hole-in-one) op die gholfbaan geslaan het - dis nou met sy 6.55kg geelbek wat hy gevang het! Kort op sy hakke met die 2de swaarste vis, was Carl Dyer met sy 3.30kg. Heelwat mooi visse, hoofsaaklik silwervis, hangbergers (hotties) en rooi romans is gevang. Daantjie Sielie, voorsitter Hein Kroese se skoonpa (en vanselfsprekend Melanie se pa!) het vir sy eerste keer by die klub pragtige silwervisse gevang.

Kompetisie-uitslae

9 bote het ingeskryf, waarvan 9 ingeweeg het. Die totale bemanningslede was 22, waarvan 2 dames was. Die aantal visse (6 spesies) wat ingeweeg is, was 95, met 'n totale massa van 92.10kg. Die gemiddelde massa per hengelaar was 4.19kg.

Volledige uitslae

Die volledige uitslae is soos volg: 

Swaarste vis, Bev Swart (geelbek, 6.55kg); 2de Swaarste vis, Carl Dyer (snoek, 3.30kg); Swaarste sak, Carl Dyer (9.35kg); 2de Swaarste sak, Bev Swart (9.25kg); Swaarste bootgemiddeld, Mynedie van Bev Swart (7.85kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Waca van Carl Dyer (7.33kg); Dames Swaarste sak, Colleen Kemm (6.35kg); Dames 2de Swaarste sak, Joey Rademeyer (2.90kg). 

Voorlopers

1ste 3 Bootkampioene: 

Waca van Carl Dyer (47.10kg); Oupa van Ben Uys (35.18kg); GI Joe van Joe Smit (29.47kg).

1ste 3 Visvangkampioene Mans:

Carl Dyer (59.85kg); Derick Petersen (44.00kg); Marinus Kleyn (42.35kg).

1ste 3 Visvangkampioene Dames:

Colleen Kemm (27.79kg); Joey Rademeyer (20.75kg); Marilda Louw (10.85kg).

Die puntetelling bly steeds ‘n wipplank-ryery op pad na die einde van die jaar om die hengelkampioene te bepaal.

Piet Le Roux en Bev Swart met sy 6.55kg geelbek.

Derick Petersen, Carl Dyer en Marthinus Kleyn.

Kobus van Zyl, Colleen & Norman Kemm en Kenny Owen.

Image 1
Joe Smit.
Image 2
Daantjie Sielie.

Hardus Botha

Bev Swart Vang 6.55kg Geelbek in Birkenhead Kompetisie

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!

Gans-Berg News | 13 February 2026

Gans-Berg News | 13 February 2026

Exciting progress is being made on the new Overstrand Medical Centre, with construction expected to be completed by the end of April...

Gans-Berg News - 6 Feb 2026 Edition

Gans-Berg News - 6 Feb 2026 Edition

Feature on the deep link between wetlands and people in the Nuwejaars Wetlands...