Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
Bev Swart het met Saterdag, 18 Mei 2024 se boothengelkompetisie dalk gevoel soos toe hy ‘n kolhou (‘hole-in-one) op die gholfbaan geslaan het - dis nou met sy 6.55kg geelbek wat hy gevang het! Kort op sy hakke met die 2de swaarste vis, was Carl Dyer met sy 3.30kg. Heelwat mooi visse, hoofsaaklik silwervis, hangbergers (hotties) en rooi romans is gevang. Daantjie Sielie, voorsitter Hein Kroese se skoonpa (en vanselfsprekend Melanie se pa!) het vir sy eerste keer by die klub pragtige silwervisse gevang.
Kompetisie-uitslae
9 bote het ingeskryf, waarvan 9 ingeweeg het. Die totale bemanningslede was 22, waarvan 2 dames was. Die aantal visse (6 spesies) wat ingeweeg is, was 95, met 'n totale massa van 92.10kg. Die gemiddelde massa per hengelaar was 4.19kg.
Volledige uitslae
Die volledige uitslae is soos volg:
Swaarste vis, Bev Swart (geelbek, 6.55kg); 2de Swaarste vis, Carl Dyer (snoek, 3.30kg); Swaarste sak, Carl Dyer (9.35kg); 2de Swaarste sak, Bev Swart (9.25kg); Swaarste bootgemiddeld, Mynedie van Bev Swart (7.85kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Waca van Carl Dyer (7.33kg); Dames Swaarste sak, Colleen Kemm (6.35kg); Dames 2de Swaarste sak, Joey Rademeyer (2.90kg).
Voorlopers
1ste 3 Bootkampioene:
Waca van Carl Dyer (47.10kg); Oupa van Ben Uys (35.18kg); GI Joe van Joe Smit (29.47kg).
1ste 3 Visvangkampioene Mans:
Carl Dyer (59.85kg); Derick Petersen (44.00kg); Marinus Kleyn (42.35kg).
1ste 3 Visvangkampioene Dames:
Colleen Kemm (27.79kg); Joey Rademeyer (20.75kg); Marilda Louw (10.85kg).
Die puntetelling bly steeds ‘n wipplank-ryery op pad na die einde van die jaar om die hengelkampioene te bepaal.
Piet Le Roux en Bev Swart met sy 6.55kg geelbek.
Derick Petersen, Carl Dyer en Marthinus Kleyn.
Kobus van Zyl, Colleen & Norman Kemm en Kenny Owen.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.