Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
“Na aanleiding van Edmund se insiggewende praatjie, glo ek dat elkeen van ons die belangrikheid van testamente, boedelbereddering en gepaardgaande dokumentasie na dese deeglik besef,” het Hanneli Kellerman, Leidster van See & Tee Dameskring van Kleinbaai gesê. Edmund O’Ehley van PSG Wealth in Gansbaai het tydens die dames se byeenkoms op 8 Mei 2024 die hantering van testamente, boedels en noodsaaklike dokumentasie breedvoering met hulle bespreek. Edmund was deur Lindi Koen van PSG Wealth vergesel.
Edmund se praatjie met die dames was só insiggewend, dat sy volledige berig in hierdie uitgawe geplaas word - beslis die moeite werd om te lees. Die belangrikste wat Edmund uitgelig het, is dat ‘n geldige testament en alle relevante dokumentasie veilig bewaar moet word en deurlopend op datum gehou moet word.
Die gasvrou vir die byeenkoms was Annetjie de Beer en sy en haar span het hul deeglik van hulself gekwyt. Die tafels is pragtig versier en die sop agterna het smullekker gelyk. Marianna Mostert het die dames op hoogte gebring van Munisipale Wyksnuus, waar sy hulle verteenwoordig, asook die Munisipale Begroting. Daarna het sy ook die onderskeie stembriewe vir die komende verkiesing volledig met hulle bespreek.
See & Tee Dameskring van Kleinbaai, wat ook gaste vanuit Groter Gansbaai insluit, is 35 jaar gelede op 9 Februarie 1989 gestig. Tans is daar sowat 50 lede en die bestuurslede is: Hanneli Kellerman (Leidster), René Lötter (Visie-Leidster) en Lorette Sieg (Sekretaresse / Tesourier). Die groep is op-en-wakker en hulle maandelikse byeenkomste is gesellige en interessant.
Belangstellendes kan navrae aan die Leidster, Hanneli Kellerman by 072 244 3905 rig.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.