Blog

Belangrikheid van Testamente by See en Tee Dameskring Kleinbaai

Belangrikheid van Testamente by See en Tee Dameskring Kleinbaai

Gans-Berg Nuus / News

Belangrikheid van Testamente by See en Tee Dameskring Kleinbaai

“Na aanleiding van Edmund se insiggewende praatjie, glo ek dat elkeen van ons die belangrikheid van testamente, boedelbereddering en gepaardgaande dokumentasie na dese deeglik besef,” het Hanneli Kellerman, Leidster van See & Tee Dameskring van Kleinbaai gesê. Edmund O’Ehley van PSG Wealth in Gansbaai het tydens die dames se byeenkoms op 8 Mei 2024 die hantering van testamente, boedels en noodsaaklike dokumentasie breedvoering met hulle bespreek. Edmund was deur Lindi Koen van PSG Wealth vergesel.

Edmund se praatjie met die dames was só insiggewend, dat sy volledige berig in hierdie uitgawe geplaas word - beslis die moeite werd om te lees. Die belangrikste wat Edmund uitgelig het, is dat ‘n geldige testament en alle relevante dokumentasie veilig bewaar moet word en deurlopend op datum gehou moet word.

Die gasvrou vir die byeenkoms was Annetjie de Beer en sy en haar span het hul deeglik van hulself gekwyt. Die tafels is pragtig versier en die sop agterna het smullekker gelyk. Marianna Mostert het die dames op hoogte gebring van Munisipale Wyksnuus, waar sy hulle verteenwoordig, asook die Munisipale Begroting. Daarna het sy ook die onderskeie stembriewe vir die komende verkiesing volledig met hulle bespreek.

See & Tee Dameskring van Kleinbaai, wat ook gaste vanuit Groter Gansbaai insluit, is 35 jaar gelede op 9 Februarie 1989 gestig. Tans is daar sowat 50 lede en die bestuurslede is: Hanneli Kellerman (Leidster), René Lötter (Visie-Leidster) en Lorette Sieg (Sekretaresse / Tesourier). Die groep is op-en-wakker en hulle maandelikse byeenkomste is gesellige en interessant. 

Belangstellendes kan navrae aan die Leidster, Hanneli Kellerman by 072 244 3905 rig.

Hardus Botha

Belangrikheid van Testamente by See en Tee Dameskring Kleinbaai

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg News - 30 April 2026

Gans-Berg News - 30 April 2026

The latest edition of Gans-Berg Nuus highlights key local stories, community milestones, and upcoming events in the Overberg. 

Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out No...

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Check out our easter newspaper here.

Gans-Berg News - 10 April 2026 Edition

Gans-Berg News - 10 April 2026 Edition

Here’s a quick roundup of this week’s highlights!