Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
Gans-Berg Nuus se Baadjies-aan-Bome projek op Saterdag, 25 Mei 2024 kan as ‘n enorme sukses beskryf word. Die projek, in samewerking met Gansbaai Toerisme, het die groot boom by die Farmer’s Market soos ‘n ‘klerekas’ laat lyk. Gansbaaiers se harte was oop en selfs nuwe klere, waarvan die prysetikette van sommiges nog aan was, is geskenk.
Michelle van Zyl (eienaar/redakteur) en Alethea Baytopp van die Gans-Berg Nuus was sommer vroegoggend al by die boom, met Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, wat hulle ondersteun het. Hangers is inderhaas bekom en toue is in die boom gespan, waarna Michelle en Alethea die kledingstukke opgehang het - hordes daarvan!
‘Wintertyd is Baadjies-aan-Bome tyd’, wat ‘n landswye projek is om baadjies vir behoeftiges op ‘n unieke wyse beskikbaar te stel - dit word aan ‘n boom gehang en kan daar afgehaal word - items wat broodnodig is vir die koue wat alreeds begin toeslaan het. In Engels staan die projek as “Free on a Tree” bekend. Die beweging het in 2018 begin toe Oliver Edwards van Tasmanie, Australië, as deel van ‘n skoolprojek, besluit het om hawelose mense te help - in Suid-Afrika het die projek onmiddelik vlamgevat.
“Ek is meer as tevrede met ons projek se resultate,” het Michelle gesê. “Die hoeveelheid baadjies, truie, komberse en ander winter-kledingstukke wat op hierdie wyse beskikbaar gestel is, het ‘n warm gevoel van satisfaksie meegebring - gedagtig aan die bedoeling van die projek en ons is dankbaar teenoor ons lesers en ander inwoners vir hulle onbaatsugtige bydraes.”
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThe latest edition of Gans-Berg News is out now!
This week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.