Fikse SAPD-Lede Deel in Goue Medaljes en Trofee

Fikse SAPD-Lede Deel in Goue Medaljes en Trofee

Gans-Berg Nuus / News

Fikse SAPD-Lede Deel in Goue Medaljes en Trofee

Vasbyt Stapkompetisie in Pretoria

Drie van ons omgewing se SAPD-lede het op 10 en 11 Mei 2024 aan die Tshwane Vasbyt Prospectus in die Kgosi Mampuru II Area, Pretoria, deelgeneem, wat ook die Wes-Kaapse Polisiediens verteenwoordig het. Die spanne waarin hulle opgedeel was, het Goue Medaljes en ‘n Trofee verower - ‘n pragtige prestasie! 

Adj.Off Riaan (Mossie) Mostert van Gansbaai SAPD was in die Mans Meestersspan ingedeel, wat Goue Medaljes en ‘n Trofee verower het. In die Veterane Damesspan was Linda Apolisi, ook van Gansbaai SAPD, asook Nonzukiso Mtuta van Stanford SAPD ingedeel, wat ook Goue Medaljes en ‘n Trofee verower het.

Die Vasbyt Vereniging van Suid-Afrika, met Collin Netshiongolwe as President, het die Vasbyt Stapkompetisie tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Korrektiewe Diens en Weermag aangebied - dus was dit strawwe kompetisie. Die vasbytstap strek oor 2 dae en die afstand is 75km. Daar is verskillende kategorieë, wat onder andere deur ouderdom en dies meer bepaal word. Vir elke kategorie is daar spanne met 6 lede elk wat deelneem.

Baie geluk aan die drie SAPD-lede vanuit ons omgewing wat deel van die spanne met Goue Medaljes en ‘n Trofee was - Gans-Berg Nuus se lesers en gemeenskapslede is trots op julle.
Hardus Botha

Foto 1:
Mans Meestersspan: Wouter van der Berg, Thirash Gokul, Hilton Draghoender, Murray de Kock, Riaan (Mossie) Mostert (Gansbaai) en Mondray Parsraman.

Foto 2:
Die Veterane Damesspan: Voor - Nonzukiso Mtuta (Stanford). Agter - Linda Apolisi (Gansbaai), Fredelyn Freeman, Pearl Engel, Karen Baardmanen Deboniso Cupido.

Fikse SAPD-Lede Deel in Goue Medaljes en Trofee

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edit...

Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.