Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition
This week's edition features important community news...
Vasbyt Stapkompetisie in Pretoria
Drie van ons omgewing se SAPD-lede het op 10 en 11 Mei 2024 aan die Tshwane Vasbyt Prospectus in die Kgosi Mampuru II Area, Pretoria, deelgeneem, wat ook die Wes-Kaapse Polisiediens verteenwoordig het. Die spanne waarin hulle opgedeel was, het Goue Medaljes en ‘n Trofee verower - ‘n pragtige prestasie!
Adj.Off Riaan (Mossie) Mostert van Gansbaai SAPD was in die Mans Meestersspan ingedeel, wat Goue Medaljes en ‘n Trofee verower het. In die Veterane Damesspan was Linda Apolisi, ook van Gansbaai SAPD, asook Nonzukiso Mtuta van Stanford SAPD ingedeel, wat ook Goue Medaljes en ‘n Trofee verower het.
Die Vasbyt Vereniging van Suid-Afrika, met Collin Netshiongolwe as President, het die Vasbyt Stapkompetisie tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Korrektiewe Diens en Weermag aangebied - dus was dit strawwe kompetisie. Die vasbytstap strek oor 2 dae en die afstand is 75km. Daar is verskillende kategorieë, wat onder andere deur ouderdom en dies meer bepaal word. Vir elke kategorie is daar spanne met 6 lede elk wat deelneem.
Baie geluk aan die drie SAPD-lede vanuit ons omgewing wat deel van die spanne met Goue Medaljes en ‘n Trofee was - Gans-Berg Nuus se lesers en gemeenskapslede is trots op julle.
Hardus Botha

Foto 1:
Mans Meestersspan: Wouter van der Berg, Thirash Gokul, Hilton Draghoender, Murray de Kock, Riaan (Mossie) Mostert (Gansbaai) en Mondray Parsraman.

Foto 2:
Die Veterane Damesspan: Voor - Nonzukiso Mtuta (Stanford). Agter - Linda Apolisi (Gansbaai), Fredelyn Freeman, Pearl Engel, Karen Baardmanen Deboniso Cupido.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...