Filler: Mole Snake
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Almal wil maerder word, maar...
“Sommige van die verleidelike eetgoed tydens ons byeenkoms was dalk in stryd met ons gasspreker, Julia Fourie, se wenke oor gesonde eetgewoontes, maar aitog, dit bly maar lekker en tog só verleidelik,” vertel Elizma de Lange, voorsitter van die Bietoubos Damesklub (dalk met ‘n ‘skuldige’ gewete?!).
Die Bietoubossers se byeenkoms op 14 Mei 2024 was weer gekenmerk met kunstige tafelversierings en ‘n ‘swaar-gelaaide’ tafel met heerlike eetgoed. “Bridgitte Langner het ons tafels kunstig met lourierblare versier en interessante inligting met ons gedeel,” vertel Elizma. “Onder andere dat ‘n mens rustiger kan slaap met ‘n paar lourierblare in jou kussingsloop.”
“Almal wil maerder, jonger en gesonder wees - maar ‘n gesonde leefstyl blyk meeste mense hul hele lewe lank te ontwyk,” het Julia Fourie, dieetkundige van Gansbaai, gesê. “Die vraag is waarom?” Sy het verwys na eetgewoontes vanaf kinderdae, asook die Suid-Afrikaanse eetkultuur wat alles behalwe gesond is. “Leefstyl is nie net dit wat ons eet nie, maar ook aktiwiteite, lug wat ons inasem, rook, ‘stress’ en geraasbesoedeling wat alles ‘n rol speel.” Sy het na verskeie voorbeelde van diëte verwys en gesê almal het voor- en nadele. “Uiteindelik is ‘n lae versadigde vet-dieet soos die Mediterreense dieet, die gesondste in die wêreld: baie meer groente en vrugte, baie min rooivleis, meer hoender, vis en peulgroente, asook meer plantolies - ‘n dieet-konsep wat bietjie van ‘n paradigma-skuif benodig.
Die res van Julia se praatjie was insiggewend met waardevolle (en getoetste) wenke en sy het bygevoeg dat dit nie nodig is om alles wat lekker is, uit te skakel nie - “die wagwoord is matigheid”. Ter afsluiting het sy uitstekende en relevante wenke oor die gesonder voorbereiding van verskillende disse verskaf en ook hoe om vir een of twee persone ekonomies te kook. Vir navrae oor ‘n ‘paradigma-skuif’, kan Julia Fourie by 082 824 3003 geskakel word.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreA punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.
Die jaar is bykans agter die rug en dit is weer tyd vir ons jaarlikse Vissermansdankdiens.