Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition
Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Groter Gansbaai se plaaslike modelle het weer die geleentheid gehad om tydens Komtessa Boutique se Herfs / Winter Modeparade met spoggerige uitrustings te paradeer en te spog. Tinneke Lutzeyer, alleen-eienaar van Komtessa Boutique en haar span: Lynn, Suna en Thuli, het hierdie prestige geleentheid op Saterdag, 25 Mei 2024 by De Uijlenes aangebied - en te oordeel aan goeie terugvoering, was dit sonder twyfel ‘n prestige en spoggerige geleentheid.
Die sowat 130 gaste, ook vanaf Hermanus en Bredasdorp, is met ‘n spesiale ‘glasie’ welkom geheet, met genoeg verversings om tussendeur te geniet, ingesluit bykans 20 geluktrekkings wat nie te versmaai is nie. Die interessante gasspreker tydens die geleentheid was dr Heather Blaylock, ‘a fellow of the European Joint Committee of Sexual Medicine’ - met haar tema as ‘Sexual Health and Wellness’. Die gaste was ook bevoorreg om Dinah se ‘live music’ te geniet, asook ons bekende ‘Dual Sound Leon’ wat opgetree het.
Die ‘lime light’ tydens die modeparade was natuurlik ons plaaslike modelle wat opgetree het - en glo gerus, ons mag maar spog met ons eie modelle! Hulle is (alfabeties): Adéle Nel, Adrie Prinsloo, Annabelle Rathbone, Estelle Paulsen, Leana Groenewald en Nina Shein-Murtzl - almal professioneel en pragtig, geklee in Tinneke se deftige uitrustings.
Tinneke kan trots voel oor die suksesvolle bedryf van Komtessa Boutique gedurende die afgelope bykans 2 jaar as alleen-eienaar - met haar inisiatiewe en kreatiewe denke het die boutique net van krag tot krag gegroei. Tinneke is ‘n gebore Gansbaaier wat haar skooljare in Laerskool Gansbaai en Hermanus Hoërskool deurloop het - voorwaar ‘n egte ‘local’ wat gerus ondersteun kan word.
Tinneke doen graag die volgende bedankins (alfabeties), waarsonder ‘n prestige-geleentheid soos hierdie nie moontlik is nie: Avozha Rathbone (fotograaf), Christine van Husband and Wife Team, Dinah vir ‘live music’, dr Heather Blaylock (gasspreker), Dual Sound Leon, Duana (doen van hare), Estelle Paulsen Catering Thyme and Lime, gaste, Geon Nel, Komtessa-span, Leana (grimmering), Nicolene Richards, Paloma Sposato Catering Fitmom, plaaslike modelle en Staci (De Uijlenes).
Tinneke Lutzeyer en haar gedugte en vriendelike span van Komtessa Boutique in die Proteasentrum, Hoofstraat, Gansbaai, kan gerus vir opdatum modes en uitrustings besoek word.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreHere’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...