Blog

Sprokieswêreld van Sneeu

Sprokieswêreld van Sneeu

Gans-Berg Nuus / News

Sprokieswêreld van Sneeu

Fanie en Judy Bothma is weer op toer - dit is nou maar eenmaal in hierdie egpaar van Franskraal se bloed! Lesers is bekend met vorige interessante reekse oor toere wat deur hulle aangepak is, ook saam met vriende, wat in die Gans-Berg Nuus geplaas is.

Die toer wat hulle onlangs aangepak het, sal kortliks bespreek word wanneer hulle terug is. “Ek wou net intussen laat weet dat, hier waar ons nou is, die oord in Zastron by Moutain View sprokiesmooi en spierwit onder ‘n sneeu-kombers lê,” skryf Fanie. “Ongelukkig was die gewig van die sneeu op ‘n motorafdak so erg dat dit ineen gestort het en op ‘n vrou se motor geval het.”

Fanie skryf dat hulle ook by Francois en Deonora de Jongh, voormalige en bekende inwoners van Gansbaai, aangegaan het. “Die De Jonghs, met wie ons oor die jare heen vriende gebly het, is saam met ons na die Addo Nasionale Park, wat ‘n gesellige wedersiens en kuier tot gevolg gehad het, met die egpaar wat groete stuur aan al die bekendes in Groter Gansbaai.”

Hardus Botha

Sprokieswêreld van Sneeu

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026

Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026

Catch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!

Gans-Berg News - 14 October 2026

Gans-Berg News - 14 October 2026

This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...

Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 2 October 2026

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 2 October 20...

This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 25 September 2026

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 25 September...

Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.