Naledi se Ster Skitter by Kunstekaap

Naledi se Ster Skitter by Kunstekaap

Gans-Berg Nuus / News

Naledi se Ster Skitter by Kunstekaap

Naledi van Johan Coetzee in De Kelders, Gansbaai se Ster het behoorlik by die Kunstekaap op Vrydagaand, 31 Mei 2024 geskitter - van die 19 boeke op die kortlys, het 5 uit Naledi se stal gekom. Meer nog, een daarvan se skrywer is met die Andrew Murray-prys vereer en die ander skrywer met die Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys vir debuutwerk - dit wil gedoen wees! Naledi is nie verniet ‘n Sepedi (Noord-Sotho) woord wat ‘Ster’ beteken nie! 

Daniël Louw is met sy boek, Daar is Méér, as die 2024-wenner van die Andrew Murray-prys aangewys, met Sandy Schoeman wat met haar boek, Rooiletterkind, met die Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys vir debuutwerk vereer is - altwee hierdie boeke is deur Naledi van Johan Coetzee uitgegee.

“Alleen die baie-fyn-dink is helder: só fyn dat niemand dit wil vat nie.” - NP van Wyk Louw. Twee getroue (oplettende) koffiedrinkers is gereeld in ons dorp se lieflike koffiewinkels opgemerk, diep in gesprek met mekaar - Daniël Louw en Johan Coetzee. “Nadat baie water, of eerder cappuccino-en-wortelkoek, in die see geloop het, is die ‘baie-fyn-dink’ tydens ‘n glansryke geleentheid by die Kunstekaap bekroon,” vertel Johan. Daar is Daniël as die 2024-wenner van die Andrew Marray-prys met sy boek, Daar is Méér, aangewys. “As Daniël se gespreksgenoot en uitgewer, het ek die prestige geleentheid saam met hom bygewoon.” Johan wou deel in die vreugde en seëviering van die kunste, “of durf ek my verstout om te sê: ‘die seëviering van die boek in hierdie dae van kits- en prentjieplesier, asook die Groot Ongeletterheid, te midde van die alledaagse sleur, wat voortdurend dreig om ons te verswelg.”

Op daardie betrokke aand het Naledi se Ster baie helder geskyn - benewens die toekenning van die Andrew Murray-prys aan Daniël Louw, is die Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys vir debuutwerk deur Sandy Schoeman met haar boek Rooiletterkind, gewen. Naledi se 5 boeke op die kortlys van 19 boeke wat vereer is, is:

Daar is méér deur Daniël J Louw (Naledi); Deur die tonnel van twyfel deur Koos Kombuis (Naledi); Geweld teen vroue onder redaksie van Bernard Lategan en Chris Jones (Naledi); 21 Voices from Israel and South Africa - Why the Palestinian struggle matters onder redaksie van Marthie Momberg (Naledi); Rooiletterkind deur Sandy Schoeman (Naledi). 

In kort kom dit daarop neer dat Naledi in die drie kategorieë twee wenners opgelewer het - ‘n uitstekende prestasie! Daniël Louw het homself op die verhoog met sy ontvangsrede onderbreek om Johan Coetzee te nooi om by hom te kom aansluit - met die gehoor wat spontaan vir Johan, die ‘skugter en baie privaat’ mens agter Naledi, applous gegee het terwyl hy na die verhoog gestap het. “Ons luister na ons eie South African Youth Choir en ons word bederf met ‘n fees van volronde wyne en veerligte happies,” vertel Johan. “Soos in ‘n droom vlieg die aand verby - en die wenner is…”

“Meer is om te worstel met die kompleksiteit van lewensgebeure; om binne die raaisel van paradokse te ontdek dat die lewe ook mooi en sinvol kan wees ten spyte van verliese en die wete van sterflikheid.” - Daar is Méér deur Daniël Louw.

Image 1
Image 2

Hardus Botha

Naledi se Ster Skitter by Kunstekaap

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Art Project Brings Colourful Murals to Main Road

Art Project Brings Colourful Murals to Main R...

The initiative of Louise Swart and Laurette Nel lead to an Art Project for colourful paintings on buildings in Gansbaai.

Van Boland Cravenweek na Boland o/21 Rugbyproewe

Van Boland Cravenweek na Boland o/21 Rugbypro...

Charl Eksteen se kleintyd-droom is verwesentlik toe hy onlangs gekies is om as No 1 haker aan die Boland Witzenberg o/21 Finale Groepproewe deel te neem.

Pragtige Silwervisse Gevang by Birkenhead Boothengelklub

Pragtige Silwervisse Gevang by Birkenhead Boo...

Pragtige silwervisse is tydens die Birkenhead Boothengelklub se kompetisie van Saterdag, 15 Junie 2024 gevang.

Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar 2024

Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar 20...

Die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar is op 13 Junie 2024 in die Paarl aangekondig.

Gansbaai Posduifklub: Eerste Duiwe Wedvlug vir 2024

Gansbaai Posduifklub: Eerste Duiwe Wedvlug vi...

Verlede week het die eerste Duiwe Wedvlug vir die 2024-seisoen plaasgevind - vanaf Lainsburg.

Grootbos Foundation: Amphibian Conservation and Earth Rangers

Grootbos Foundation: Amphibian Conservation a...

Kurt van Wyk, a member of the Grootbos Foundation Conservation Research team, published a note in the African Herp News.