Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar 2024

Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar 2024

Gans-Berg Nuus / News

Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar 2024

Die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar is op 13 Junie 2024 in die Paarl aangekondig - Dean Barnard (40) van Waboomskraal is as die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar 2024 gekroon. Dean boer al 19 jaar saam sy pa op Waboomskraal naby George, waar hy nou al vir die laaste 8 jaar by sy pa oorgeneem het. Hulle boer met hops, pruime, amandels en pekanneute.

In 2002 matrikuleer Dean aan die Hoërskool Landbouskool Oakdale waar hy ná skool Bemarking Bestuur aan die Nelson Mandela Universiteit (Saasveld) vir 2 jaar studeer, totdat sy pa hom een oggend skakel en sê dis tyd dat hy terug kom plaas toe. ‘Oppie Plaas Boerdery’ is een van 7 hops-boere in Afrika. Die voetspoor vir Castle en Castle Lite is hops wat slegs in Suid-Afrika geproduseer word. Die boerdery is ook die laaste 15 jaar onder die top 3 hops produsente. Die 2023 Autum Treat pruim-oes het vir hulle net onder die 100 ton per ha gelewer. Dean glo ook dat sy 486g pruim die Guinness World of Records gaan haal, aangesien die rekord tans 354.37g is.

Sedert Dean die leisels oorgeneem het, is die vernaamste veranderinge wat hy in die boerdery gedurende die afgelope vyf jaar teweeggebring het, nuwe besproeiings-tegnologie vir meer effektiewe waterbesparing wat sodoende meer ekonomies is, nuwe pruim-en amandelboorde is aangeplant en ‘n nuwe hops-uitbreiding op huurgrond is aangeplant. “Elke jaar is ‘n nuwe uitdaging en ek geniet ‘n uitdaging baie. Met die hoeveelheid grond tot my beskikking is dit ‘n intensiewe boerdery wat elke besluit laat geld.”

Dean se langtermyn visie vir hulle boerdery is om die pruime uit te brei na tussen 15 en 20 ha en hy wil graag hul eie pakstoor opsit om hul vrugte-oeste te pak, asook om dit vir boere in gemeenskap beskikbaar te stel om dit te huur.

Die beoordelaars was van mening dat Dean ʼn waardige ambassadeur vir jong boere van die Wes-Kaap tydens die Toyota SA / Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie sal wees.

(Foto’s: Agri Wes-Kaap/Natalie Gabriels Photography)

Rojeanne de Wet: Agri Wes-Kaap Skakelbeampte

Image 1
Dean (Jongboer) en Carla Barnard.
Image 2
Jannie Strydom (Hoof Uitvoerende Beampte Agri Wes-Kaap), Villiers Loubser (President Agri Wes-Kaap), Dean Barnard (Agri Wes-Kaap Jongboer van die Jaar 2024) en Daniel Stevens (Santam Landbou).
Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar 2024

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Alzheimer  Demensie in Gansbaai

Alzheimer Demensie in Gansbaai

Malan Heyns is ‘n dosent in Sielkunde en is onder andere betrokke by die Alzheimervereniging van Suid-Afrika se internasionale proewe.

Art Project Brings Colourful Murals to Main Road

Art Project Brings Colourful Murals to Main R...

The initiative of Louise Swart and Laurette Nel lead to an Art Project for colourful paintings on buildings in Gansbaai.

Van Boland Cravenweek na Boland o/21 Rugbyproewe

Van Boland Cravenweek na Boland o/21 Rugbypro...

Charl Eksteen se kleintyd-droom is verwesentlik toe hy onlangs gekies is om as No 1 haker aan die Boland Witzenberg o/21 Finale Groepproewe deel te neem.

Pragtige Silwervisse Gevang by Birkenhead Boothengelklub

Pragtige Silwervisse Gevang by Birkenhead Boo...

Pragtige silwervisse is tydens die Birkenhead Boothengelklub se kompetisie van Saterdag, 15 Junie 2024 gevang.

Naledi se Ster Skitter by Kunstekaap

Naledi se Ster Skitter by Kunstekaap

Naledi van Johan Coetzee in De Kelders, Gansbaai se Ster het behoorlik by die Kunstekaap op Vrydagaand, 31 Mei 2024 geskitter.

Gansbaai Posduifklub: Eerste Duiwe Wedvlug vir 2024

Gansbaai Posduifklub: Eerste Duiwe Wedvlug vi...

Verlede week het die eerste Duiwe Wedvlug vir die 2024-seisoen plaasgevind - vanaf Lainsburg.