Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026
Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
Pragtige silwervisse
Pragtige silwervisse is tydens die Birkenhead Boothengelklub se kompetisie van Saterdag, 15 Junie 2024 gevang, waarvan die swaarste een van Carl Dyer 2.35kg geweeg het. Dit was ook verblydend om te sien dat die klub weer ‘n Junior, Ruan Hurn, as lid bygekry het - toe spog hy sommer ook met ‘n sakgewig van 4.40kg, nie baie ver onder die manne se sakgewigte nie!
Kompetisie-uitslae
7 bote het ingeskryf, waarvan 7 ingeweeg het. Die totale bemanningslede was 18, waarvan 2 dames was en 1 junior. Die aantal visse (8 spesies) wat ingeweeg is, was 95, met 'n totale massa van 89.55kg. Die gemiddelde massa per hengelaar was 4.98kg.
Volledige uitslae
Die volledige uitslae is soos volg:
Swaarste vis, Carl Dyer (silwervis, 2.35kg); 2de Swaarste vis, Carl Dyer (silwervis, 1.70kg); Swaarste sak, Carl Dyer (8.20kg); 2de Swaarste sak, Derick Petersen (7.55kg); Swaarste bootgemiddeld, Waca van Charl Dyer (7.14kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Scarmax van Kenny Owen (6.10kg); Dames Swaarste sak, Colleen Kemm (7.05kg); Dames 2de Swaarste sak, Joey Rademeyer (4.85kg); Junior Swaarste sak (4.40kg), Ruan Hurn.
Voorlopers
1ste 3 Bootkampioene:
• Waca van Carl Dyer (52.81kg); Oupa van Ben Uys (39.53kg); GI Joe van Joe Smit (43.54kg).
1ste 4 Visvangkampioene Mans:
• Carl Dyer (68.05kg); Derick Petersen (51.55kg); Marinus Kleyn (47.90kg); Phillip Fourie (47.50kg).
1ste 3 Visvangkampioene Dames:
• Colleen Kemm (34.84kg); Joey Rademeyer (25.60kg); Marilda Louw (10.85kg).
Junior Visvangkampioen:
Ruan Hurn (4.40kg).
Die puntetelling, in vergelyking met die vorige kompetisie, was nie veel van ‘n wipplank-ryery nie en die voorlopers het redelik konstant gebly. ‘n Interessante ‘verskynsel’, wat nie gereeld voorkom nie, is dat die 1ste 4 Mans Voorlopers almal bemanningslede van een boot is - Waca van Carl Dyer - pragtig, manne! Dan is Carl se boot tans ook die voorloper met ‘n massa van 52.81kg.




Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!