Pragtige Silwervisse Gevang by Birkenhead Boothengelklub

Pragtige Silwervisse Gevang by Birkenhead Boothengelklub

Gans-Berg Nuus / News

Pragtige Silwervisse Gevang by Birkenhead Boothengelklub

Pragtige silwervisse

Pragtige silwervisse is tydens die Birkenhead Boothengelklub se kompetisie van Saterdag, 15 Junie 2024 gevang, waarvan die swaarste een van Carl Dyer 2.35kg geweeg het. Dit was ook verblydend om te sien dat die klub weer ‘n Junior, Ruan Hurn, as lid bygekry het - toe spog hy sommer ook met ‘n sakgewig van 4.40kg, nie baie ver onder die manne se sakgewigte nie!

Kompetisie-uitslae

7 bote het ingeskryf, waarvan 7 ingeweeg het. Die totale bemanningslede was 18, waarvan 2 dames was en 1 junior. Die aantal visse (8 spesies) wat ingeweeg is, was 95, met 'n totale massa van 89.55kg. Die gemiddelde massa per hengelaar was 4.98kg.

Volledige uitslae

Die volledige uitslae is soos volg: 

Swaarste vis, Carl Dyer (silwervis, 2.35kg); 2de Swaarste vis, Carl Dyer (silwervis, 1.70kg); Swaarste sak, Carl Dyer (8.20kg); 2de Swaarste sak, Derick Petersen (7.55kg); Swaarste bootgemiddeld, Waca van Charl Dyer (7.14kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Scarmax van Kenny Owen (6.10kg); Dames Swaarste sak, Colleen Kemm (7.05kg); Dames 2de Swaarste sak, Joey Rademeyer (4.85kg); Junior Swaarste sak (4.40kg), Ruan Hurn. 

Voorlopers

1ste 3 Bootkampioene: 

• Waca van Carl Dyer (52.81kg); Oupa van Ben Uys (39.53kg); GI Joe van Joe Smit (43.54kg).

1ste 4 Visvangkampioene Mans:

• Carl Dyer (68.05kg); Derick Petersen (51.55kg); Marinus Kleyn (47.90kg); Phillip Fourie (47.50kg).

1ste 3 Visvangkampioene Dames:

• Colleen Kemm (34.84kg); Joey Rademeyer (25.60kg); Marilda Louw (10.85kg).

Junior Visvangkampioen:

Ruan Hurn (4.40kg).

Die puntetelling, in vergelyking met die vorige kompetisie, was nie veel van ‘n wipplank-ryery nie en die voorlopers het redelik konstant gebly. ‘n Interessante ‘verskynsel’, wat nie gereeld voorkom nie, is dat die 1ste 4 Mans Voorlopers almal bemanningslede van een boot is - Waca van Carl Dyer - pragtig, manne! Dan is Carl se boot tans ook die voorloper met ‘n massa van 52.81kg.

Image 1
Phillip Fourie, Derick Petersen, Charl Dyer en Marinus Kleyn.
Image 2
Paul Venter, Ruan Hurm (Jnr), Lester Langley en André Esterhuyzen.
Image 1
Leon Lombard en Ben Uys.
Image 2
Joey Rademeyer en Joe Smit.

Hardus Botha

Pragtige Silwervisse Gevang by Birkenhead Boothengelklub

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edit...

Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.