Blog

Van Boland Cravenweek na Boland o/21 Rugbyproewe

Van Boland Cravenweek na Boland o/21 Rugbyproewe

Gans-Berg Nuus / News

Van Boland Cravenweek na Boland o/21 Rugbyproewe

-Charl Eksteen, oud-Gansbaaier-

Charl Eksteen se kleintyd-droom is verwesentlik toe hy onlangs gekies is om as No 1 haker aan die Boland Witzenberg o/21 Finale Groepproewe deel te neem - dít, terwyl hierdie jongman tans maar 19 jaar oud is. “Hy is die enigste oud-Gansbaaier wat hierdie prestasie op sy ouderdom kon behaal,” vertel sy trotse ma, Adéle Eksteen.

Gans-Berg Nuus (29 Julie 2022) het destyds ‘n berig geplaas oor Charl wat as 17-jarige vir die Boland Cravenweek o/18’s op die veld uitgedraf het. Hy was destyds ‘n Gr 12-leerder aan die HTS Drosdy in Worcester, maar het sy laerskooljare in Laerskool Gansbaai deurloop. “Sy hart is van kindsbeen af in rugby en hy is ‘n jongman wat 1.78m in sy rugbystewels staan en weeg ‘n volle 104kg en sy posissies op die veld is loskopstut of haker, afhangende van waar hy benodig word,” het Gans-Berg Nuus se berig gelui.

Intussen het Charl besluit om homself as ‘n Dieselwerktuigkundige te kwalifiseer en is tans besig om sy ambag in Ceres te deurloop. Charl is die seun van Adéle en wyle JP Eksteen van Gansbaai. Soos in die 2022-berig die geval was, wens Gans-Berg Nuus Charl opnuut alles van die beste toe vir sy rugby-toekoms en voorsien dat hy nog groot hoogtes gaan bereik!

Hardus Botha

Van Boland Cravenweek na Boland o/21 Rugbyproewe

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edit...

Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.