Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
-Charl Eksteen, oud-Gansbaaier-
Charl Eksteen se kleintyd-droom is verwesentlik toe hy onlangs gekies is om as No 1 haker aan die Boland Witzenberg o/21 Finale Groepproewe deel te neem - dít, terwyl hierdie jongman tans maar 19 jaar oud is. “Hy is die enigste oud-Gansbaaier wat hierdie prestasie op sy ouderdom kon behaal,” vertel sy trotse ma, Adéle Eksteen.
Gans-Berg Nuus (29 Julie 2022) het destyds ‘n berig geplaas oor Charl wat as 17-jarige vir die Boland Cravenweek o/18’s op die veld uitgedraf het. Hy was destyds ‘n Gr 12-leerder aan die HTS Drosdy in Worcester, maar het sy laerskooljare in Laerskool Gansbaai deurloop. “Sy hart is van kindsbeen af in rugby en hy is ‘n jongman wat 1.78m in sy rugbystewels staan en weeg ‘n volle 104kg en sy posissies op die veld is loskopstut of haker, afhangende van waar hy benodig word,” het Gans-Berg Nuus se berig gelui.
Intussen het Charl besluit om homself as ‘n Dieselwerktuigkundige te kwalifiseer en is tans besig om sy ambag in Ceres te deurloop. Charl is die seun van Adéle en wyle JP Eksteen van Gansbaai. Soos in die 2022-berig die geval was, wens Gans-Berg Nuus Charl opnuut alles van die beste toe vir sy rugby-toekoms en voorsien dat hy nog groot hoogtes gaan bereik!
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThe latest edition of Gans-Berg News is out now!
This week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.