Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition
Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
“As jy een persoon met Alzheimer ken, ken jy nét daardie persoon, want nie een van hulle is dieselfde nie,” het Malan Heyns tydens ‘n insiggewende praatjie in die Pretoriussaal gesê. Malan (Alzheimer) en Santa Oosthuizen (Demensie) het, op uitnodiging van ds Willie Kotze en ds Hanri Joubert van Gansbaai NG-gemeente, ‘n praatjie oor Alzheimer en Demensie gelewer. Die onverwagte groot opkoms het die nood rakende dié twee ‘siektes’, asook Parkinsons, in Gansbaai-omgewing, beklemtoon. Die NG-gemeente se Bediening: Gasvryheid het vir verversings gesorg.
Alzheimer
Malan Heyns is ‘n dosent in Sielkunde en is onder andere betrokke by die Alzheimervereniging van Suid-Afrika se internasionale proewe waar nuwe medikasie getoets word en baie meer.
“Alzheimer is, naas kanker en Parkinsons, die siekte waarvoor mense die bangste is,” het hy gesê. Alzheimer is eerste deur Alois Alzheimer in Duitsland in 1906 gediagnoseer en die pasiënt was ‘n ene D Auguste - bykans 120 jaar gelede. Ná al die jare is daar steeds nie veel meer rakende die basiese oorsake en/of behandeling van die siekte bekend nie. Malan se insiggewende aanbieding is té omvattend om volledig te kan weergee.
Demensie
“Ongeveer die helfte van mense met Parkinsons, ontwikkel Demensie,” het Santa Oosthuizen gesê. “Demensie is die agteruitgang van aktiewe breinfunksionering, dikwels vanweë die doodgaan van breinselle.” Alzheimer is een vorm van Demensie en waarskynlik die algemeenste vorm - 50% tot 70% van alle gevalle. Demensie kan dus as ‘n sambreelterme met baie verskillende oorsake gesien word. Santa is ‘n afgetrede maatskaplike werker wat as ‘n vrywilliger by Hermanus Senior Sentrum dienste aan persone lewer wat leef met Demensie, asook aan hulle families en versorgers. Gesinne wat met hierdie toestande gekonfronteer word, is aangeraai om duidelikheid by hulle geneeshere oor simptome van Alzheimer en Demensie te kry ten einde vroegtydige advies in te win.
Navrae rakende die lys van vrywilligers om by die Ondersteuningsgroep betrokke te raak, kan aan ds Hanri Joubert by 061 058 1030 gerig word, of stuur ‘n epos aan hom by hanri.joubert@gmail.com.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreHere’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...