Blog

Alzheimer Demensie in Gansbaai

Alzheimer  Demensie in Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Alzheimer Demensie in Gansbaai

“As jy een persoon met Alzheimer ken, ken jy nét daardie persoon, want nie een van hulle is dieselfde nie,” het Malan Heyns tydens ‘n insiggewende praatjie in die Pretoriussaal gesê. Malan (Alzheimer) en Santa Oosthuizen (Demensie) het, op uitnodiging van ds Willie Kotze en ds Hanri Joubert van Gansbaai NG-gemeente, ‘n praatjie oor Alzheimer en Demensie gelewer. Die onverwagte groot opkoms het die nood rakende dié twee ‘siektes’, asook Parkinsons, in Gansbaai-omgewing, beklemtoon. Die NG-gemeente se Bediening: Gasvryheid het vir verversings gesorg. 

Alzheimer

Malan Heyns is ‘n dosent in Sielkunde en is onder andere betrokke by die Alzheimervereniging van Suid-Afrika se internasionale proewe waar nuwe medikasie getoets word en baie meer.

“Alzheimer is, naas kanker en Parkinsons, die siekte waarvoor mense die bangste is,” het hy gesê. Alzheimer is eerste deur Alois Alzheimer in Duitsland in 1906 gediagnoseer en die pasiënt was ‘n ene D Auguste - bykans 120 jaar gelede. Ná al die jare is daar steeds nie veel meer rakende die basiese oorsake en/of behandeling van die siekte bekend nie. Malan se insiggewende aanbieding is té omvattend om volledig te kan weergee.

Demensie

“Ongeveer die helfte van mense met Parkinsons, ontwikkel Demensie,” het Santa Oosthuizen gesê. “Demensie is die agteruitgang van aktiewe breinfunksionering, dikwels vanweë die doodgaan van breinselle.” Alzheimer is een vorm van Demensie en waarskynlik die algemeenste vorm - 50% tot 70% van alle gevalle. Demensie kan dus as ‘n sambreelterme met baie verskillende oorsake gesien word. Santa is ‘n afgetrede maatskaplike werker wat as ‘n vrywilliger by Hermanus Senior Sentrum dienste aan persone lewer wat leef met Demensie, asook aan hulle families en versorgers. Gesinne wat met hierdie toestande gekonfronteer word, is aangeraai om duidelikheid by hulle geneeshere oor simptome van Alzheimer en Demensie te kry ten einde vroegtydige advies in te win. 

Navrae rakende die lys van vrywilligers om by die Ondersteuningsgroep betrokke te raak, kan aan ds Hanri Joubert by 061 058 1030 gerig word, of stuur ‘n epos aan hom by hanri.joubert@gmail.com.

Hardus Botha

Alzheimer  Demensie in Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg News - 30 April 2026

Gans-Berg News - 30 April 2026

The latest edition of Gans-Berg Nuus highlights key local stories, community milestones, and upcoming events in the Overberg. 

Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out No...

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Check out our easter newspaper here.

Gans-Berg News - 10 April 2026 Edition

Gans-Berg News - 10 April 2026 Edition

Here’s a quick roundup of this week’s highlights!