Sprokiestroue vir Ballerina

Sprokiestroue vir Ballerina

Gans-Berg Nuus / News

Sprokiestroue vir Ballerina

Die huweliksbevestiging van Damien de Gouveia en Alice le Roux, ‘n ballerina van Johannesburg, op Saterdag, 8 Junie 2024 in die asemrowende Magoebaskloof, Limpopo Provinsie, kan net as ‘n Sprokiestroue, of eerder, ‘n Sprokies-bostroue beskryf word. Gansbaai se vreugde en opgewondenheid oor die troue staan op twee bene. Eerstens het Oupa Hardus en Ouma Anita Botha van De Kelders die voorreg gehad om hul kleinkind, Alice, se troue te kon bywoon - danksy Alice se ouers, Etienne en Alta le Roux van Moreleta Park, Pretoria vir die vliegkaartjies en akkommodasie. Tweedens is daar Lynette van Wyk van Gansbaai, eertydse wêreldbekende ballerina, wat opgewonde vir troufoto’s gewag het.

Die asemrowende Magoebaskloof is tussen klowe aan die Noord-Oostelike punt van die Drakensberge tussen Polokwane (Pietersburg) en Tzaneen geleë. Die huweliksbevestiging was in die bos, met preekstoel en sitbankies en al. Carli Blignaut, ‘n vroue-predikant wat sedert 3-jarige ouderdom saam met Alice grootgeword het, het die egpaar in die huwelik bevestig. Alice het 6 strooimeisies langs haar gehad - almal ballerinas, met Alta wat die trourok en strooimeisierokke self gemaak het. Damien se strooijonkers, ook 6, was meesal familie en vriende van oorsee wat spesiaal vir die troue ingevlieg het. Die prestige onthaal was in die oord se saal en was een groot geselligheid tot laataand toe.

Gans-Berg Nuus het enkele jare gelede ‘n berig oor ‘n ‘sprokies-ontmoeting’ tussen twee ballerinas, Lynette en Alice, tydens Alice se kuier in Gansbaai, geplaas. Lynette is ‘n getroue FaceBook-volgeling van Alice se prestasies as ballerina. “Vir my was die ontmoeting met Alice ‘n persoonlike hoogtepunt in my lewe en daar bestaan by my geen twyfel dat sy groot suksesse as ballerina sal behaal nie,” het Lynette destyds gesê.

Alice het reeds op die vroeë ouderdom van drie jaar met balletklasse in die Cecchetti tegniek begin. Vanaf twaalfjarige ouderdom het sy ook die Russiese tegniek van Vaganova bestudeer en daarna verskeie groot prestasies behaal, asook ‘n kontrak met die Joburg Ballet Academy. Sy het ook op ‘n keer in Hermanus opgetree. Lynette, oor wie daar al baie geskryf is, het wêreldwyd baie hoofrolle in hoogaangeskrewe balletuitvoerings as professionele ballerina vertolk. 

Alice word tenvolle deur Damien in haar beroepslewe as professionele ballerina ondersteun - met ‘n suksesvolle toekoms wat op haar wag. Vanuit Gansbaai word Alice en Damien net die beste toegewens op hulle huwelikspaadjie.

Image 1
Damien en Alice (née Le Roux) de Gouveia.
Image 2
Alice le Roux en Lynette van Wyk.
Image 1
Alice le Roux.
Image 2
Lynette van Wyk.

Hardus Botha

Sprokiestroue vir Ballerina

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

The latest edition of Gans-Berg News is out now!

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

This week's edition features important community news...

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 2026)

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 20...

This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.

Gans-Berg News - 29 May 2026

Gans-Berg News - 29 May 2026

This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.

Gans-Berg News - 22 May 2026

Gans-Berg News - 22 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.

Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.