Filler: Mole Snake
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die nie-winsgewende organisasie wat laat in die 1960’s gestig is, Straatwerk Kaapstad, het onlangs weer op uitnodiging ‘n besoek aan Gansbaai gebring. Noue samewerking bestaan tussen hulle en Bediening Missionaal van die NG-gemeente. Ds Fourie Truter, wat in beheer van Straatwerk Kaapstad is, lei normaalweg ook die Erediens tydens hy en sy eggenote, Lisa, se welwillendheidsbesoeke aan die NG-gemeente van Gansbaai.
Tydens hierdie besoek is VGK-ampsdraers genooi om die diens te kom bywoon. Die doel van die besoek was om, naas die Erediens deur ds Truter, gesellig saam in die Kleinsaaltjie te verkeer - met ‘n vleisie op die kole en slaaie op die tafels. “Hierdie manier van kontak is ook nodig vir goeie verhoudinge,” het ds Floors Avenant, voorsitter van die Bediening: Missionaal gesê. Hy het ds Truter ook ingelig oor die samevoeging/eenwording van die NG- en VG Kerke, wat lankal reeds ‘n realiteit geword het, maar in April vanjaar amptelik plaasgevind het.
Straatwerk werk reeds jare lank daaraan om na vrouens en kinders in Kaapstad se strate wat seksueel misbruik word, uit te reik, asook om prostitusie en pornografie teen te werk. Verskeie besoeke is ook al deur die groep by Gansbaai se skole afgelê met hulle Poppie-projek waar kinders op die gevare van seksuele misbruik gewys word. Hulle oorhoofse doel is om sigbare Christelike teenwoordigheid in die middestad te bewerkstellig en wel teenoor diegene in nood en ook om hulle nood ten opsigte van voeding en klere te verlig.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreA punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.
Die jaar is bykans agter die rug en dit is weer tyd vir ons jaarlikse Vissermansdankdiens.