Blog

Ds Dirk van Dyk Kom ‘Uiteindelik’ Tot Ruste

Ds Dirk van Dyk Kom ‘Uiteindelik’ Tot Ruste

Gans-Berg Nuus / News

Ds Dirk van Dyk Kom ‘Uiteindelik’ Tot Ruste

-Nou wag ontspan, gholf en visvang-

Ds Dirk van Dyk het op 30 Junie 2024, na sy afskeidspreek by die VGK-gemeente in Blompark, uiteindelik finaal tot ruste gekom en sal sy emeritaat (aftrede) nou voluit kan geniet - ingesluit ontspan, kuier by die kinders, gholf en visvang...“en my seun wat wil hê ek moet ‘n beeskraal vir hom gaan bou!”

Dirk het Ef 4: 1-6 vir sy afskeidsboodskap gebruik, met die klem op die eenheid van die kerk. Hy het onder andere na die besonderse geleentheid op 22 April 2024, waartydens die samevoeging/eenheid van die NGK- en VGK-gemeentes feestelik gevier is, verwys.

Dit was ‘n besonderse gesamentlike diens van die twee gemeentes wat puik deur ds Floors Avenant gereël is. Verna Fortuin het vir pragtige en gepaste voorsang gesorg. Na Dirk se afskeidspreek het Floors die instelling van die Heilige Nagmaal behartig. Die NG-kerkkoor het ‘My Lord, what a morning’ gesing, met die VGK-kerkkoor wat ‘Jesus is Great and Wonderful’ gesing het. Ter afsluiting het die twee kore en die gemeente saam ‘Voorwaarts Christenstryders’ gesing.

Gepaste afskeidswoorde en groete-boodskappe is deur enkele ampsdraers aan Dirk en sy eggenote, Marina, oorgedra. Daarna is daar op gesellige wyse met verversings van die egpaar afskeid geneem. Spesiale aandag is ook aan Dirk se 70ste verjaarsdag 2 dae later op Dinsdag, 2 Julie 2024, gegee. “Ek is een van ‘n tweeling en ons verjaar op dieselfde dag as ons ma,” het Dirk gesê, “dus drie verjaarsdae op dieselfde dag!”

Dirk is op 4 Augustus 2006 as predikant van die NG-gemeente Gansbaai ingehuldig en bevestig en het, na 12 jaar in die gemeente, besluit om ‘finaal’ emeritaat te aanvaar en af te tree. Sy afskeidspreek in die NG-gemeente was op 30 September 2018 - maar die einde was dit het nog niet! ‘n Skamele paar maande later is hy op Sondag, 24 November 2019 in die VGK-gemeente ‘terug verwelkom’ - nie veel van ‘n aftrede nie! Die aanstelling was op ‘n termynkontrak met die twee gemeentes ter sprake as leraar vir die VG Kerk Gansbaai/Stanford. Hierdie kontrak het op 30 Junie 2024 ten einde geloop en (hopelik!) kan Dirk voortaan as Emeritus ds Dirk van Dyk bekendstaan!

Dirk staan bekend as ‘n mense-mens en plat op die aarde, gereeld met kaalvoete en in ‘n kortbroek en daar is altyd ‘n grappie byderhand, om nie van ‘rugby-kommentaar’ te praat nie. Hy is ook ‘n kranige hengelaar, veral op sy bootjie, Huisbesoek, asook ‘n knap gholfspeler. Dirk is ‘n gebore Gansbaaier, met sy pa wat ook in Gansbaai as predikant gedien het. Hy is met Marina getroud en die egpaar het twee seuns en een dogter, met hierdie trotse oupa en ouma wat met 5 kleinkinders spog - 3 seuntjies en 2 dogtertjies.

Tipies van Dirk, het hy vir oulaas met ‘n grappie aan die gemeente afgesluit: die Sondagskooljuffrou behandel Noag en die ark met die kinders en verwys na die diere wat twee-twee aangekom het en die baie water waarop die ark rondgedryf het. “Dink julle nie hulle kon lekker visvang nie?” vra sy. ‘n Seuntjie steek sy hand op en sê: “Wat, visvang - en dit met net twee erdwurms!”

Die redaksie van Gans-Berg Nuus wens die Van Dyk-egpaar net die beste toe vir geseënde en gesonde aftreejare.

Hardus Botha

Ds Dirk van Dyk Kom ‘Uiteindelik’ Tot Ruste

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...